Hengelklub se Mosselkraker

Hengelklub se Mosselkraker

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Pearly Beach Hengel Klub het verlede Saterdag hulle eerste hengelkompetisie vir 2013 gehou.
"Al was die vis redelik skaars het daar darem 'n paar mooi visse kant toe gekom," skryf Isolde Smith van die klub.

Mario van der Westhuisen in die 2de plek met sy Mosselkraker (9.7kg)

Een van die hengelaars, Mario van der Westhuizen, het seker gemaak die ander hengelaars se oë rek wyd toe hy sy yslike 9.7kg Mosselkraker kant toe bring. Hierdie op-en-wakker hengelklub sorg gereeld vir verrassings. Hulle was ook aktief by verlede jaar se Fees van die Ganse se "Kolgooi"-item betrokke en het ook 'n leidende rol tydens die reëlings daarvan gespeel.


Die uitslae vir die dag se kompetisie is soos volg: 1ste - Jacques Viviers (Snr) met 'n Spotted Grunter (2.55kg), 'n Bellman (2.6kg) en 'n Steenbras (2.6kg); 2de - Mario van der Westhui-sen met 'n Mosselkraker (9.7kg); 3de - Hannes Smuts met 'n Kabeljou (4.2kg); 4de - Johann Botha met 'n Bellman (2kg); 5de - Deon Strydom met twee Hottentotte (1kg en 0.55kg); 6de - Deon Mostert met 'n Hottentot (0.55kg).


Na afloop van die hengelkompetisie is daar gesellig tydens 'n aandfunksie saamgekuier, waartydens die pryse ook oorhandig is.


Vir enige navrae rakende die Pearly Beach Hengel Klub kan Gerrie Barnard by 082-220-3880 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan hom by gerrieb@omail.co.za.
Hardus Botha

Jacques Viviers (Snr) in die 1ste plek met sy Spotted Grunter (2.55kg), Bellman (2.6kg) en Steenbras (2.6kg)

Hengelklub se Mosselkraker

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stress Management for Ikamva Health Workers

Stress Management for Ikamva Health Workers

This week, we had the privilege of facilitating a wellness workshop with the Ikamva Health Workers, who provide essential home-based care...

i-MED africa
Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

This good-looking little frog is an Arum Lily Frog.

Grootbos Foundation
New Winter Fashion

New Winter Fashion

New stock has arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Feature Wall Ideas

Feature Wall Ideas

One wall. One bold decision. A completely different room.

CalmEze Products for Cats and Dogs

CalmEze Products for Cats and Dogs

If you're looking for CalmEze products in Gansbaai, you'll find the complete range at The Pet Grocer Gansbaai. 

The Pet Grocer
Sweet and Tangy Curry Beetroot

Sweet and Tangy Curry Beetroot

Add a burst of sweet and tangy flavour to every bite!

Prime Cuts Meat
See All Articles