The Gansbaai Gamers

The Gansbaai Gamers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die groep Gansbaai Gamers wat onlangs weer 'n rekenaar-byeenkoms in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal bygewoon het.


Hierdie buitengewone jongmensklub, The Gansbaai Gamers, is al in 2009 gestig en staan steeds stewig op rekenaarbene. Onlangs was hulle weer in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal bymekaar en die rekenaars word reeds die Vrydagaand opgestel. Dan begin die rekenaarpret Saterdagoggend vroeg en die groep van sowat 20 druk deur tot Sondagoggend. Hulle maak van Local Area Network (LAN) vir netwerk-kommunikasie tussen die rekenaars in die vertrek gebruik. Speletjies word gespeel, hoofsaaklik ernstige motorwedrenne, rekenaarkennis word onderling uitgeruil en daar word gesellig saamgekuier. Die klub het vorige kere al dienste teen vergoeding by die jaarlikse Fees van die Ganse gelewer. "Met ons eerste betalings het ons begin met die aankoop van 'n spesiale netwerkskakelaar, 'n klanksisteem en enkele kleiner items wat ons benodig het," vertel Jacques van Lill, die klub se sameroeper. Met verlede jaar se Feesgeld het hulle enkele noodsaaklike items soos kabels, luidsprekerstaanders, die uitbreiding van hulle netwerk en ander kleiner items in gedagte, wat binnekort aangekoop gaan word. "Ons groot behoefte tans is die aankoop van ons eie tafels om te gebruik. Dit is egter baie duur, maar ons hoop om een of ander tyd daarby uit te kom," sê Jacques. Donateurs mag maar van hierdie behoefte kennis neem. Die vorige byeenkoms het ongelukkig sonder borgskappe soos koeldrank, chips, verversingtjies en/of broodrolletjies plaasgevind. "Ons sal weer uitspring en vra vir borgskappe vir eet- en drinkgoedjies tydens ons byeenkomste," sê Jacques. "Baie dankie aan tannie Glenda Kitley van Gansbaai Toerismeburo vir die saalfasiliteite wat tot ons beskikking gestel word." Vir enige navrae kan Jacques van Lill by 072-786-2340 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by jacquesvanlill@gmail.com.                                

Hardus Botha

The Gansbaai Gamers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles