'n Paar Gansbaai Brandweermanne is hier hard aan die werk ter voorbereiding vir die gooi van 'n betonblad voor die Gansbaai Brandweerstasie
'n Paar van Overstrand Brandweer se brandweermanne by Gansbaai se Brandweerstasie het besluit om skouer aan die wiel te sit. 'n Betonblad moes voor die geboue gegooi word en hulle het nie gesit en wag dat iemand dit vir hulle kom doen nie. Nee wat, met Gansbaai Courant se verbyry daar, was dit duidelik dat 'n paar van die manne sommer self met pik en graaf ingespring het. Hulle het nogal net so behendig daarmee gelyk as wat hulle gewoonlik in krisis situasies met brandslange lyk. Wys jou, waar 'n wil is, is daar 'n weg!
Hardus Botha