Blousloep Broeiplekke

Blousloep Broeiplekke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Groot dankbaarheid bestaan jaarliks vir die vele besoekers en vakansiegangers wat hier kom uitspan. Hulle sal altyd welkom wees en besighede, gastehuise, restourante en andere vind groot baat daarby. Gelukkig, te oordeel aan vele kommentaar wat ná 'n vakansieseisoen ontvang word, tree by verre die meerderheid van vakansiegangers verantwoordelik teenoor hierdie pragtige natuur op.

Blousloep in Franskraal is 'n pragtige plek om met die gesin te stap en te ontspan, met enkele voëls wat gereeld daar broei. Dit moet egter maar moet op 'n verantwoordelike wyse geniet word

Tog is daar jaarliks die uitsonderings van onverantwoordelike optredes. "Ek en my eggenote kon ons oë nie glo toe 'n man Tobies by Blou-sloep onder die klippe steek toe hulle hul nessie probeer beskerm nie, en dít ten aanskoue van sy kinders aan wie hy 'n voorbeeld behoort te stel nie," vertel 'n besorgde inwoner van Franskraal. "Toe my eggenote die man mooi vra om dit nie te doen nie, het hy in die teenwoordigheid van sy kinders lelike skelwoorde teenoor haar gebruik en gedreig om my aan te rand, maar sy kinders het hom gekeer." Hy vertel ook dat die een kuiken by die nes dood is en van die ander neste se eiers verwyder is. Hy het die polisie gekontak en sy Duinebesie se registrasienommer afgeskryf, maar die man en sy gesin was reeds weg toe die polisie opdaag. Hy en van sy vriende voel so sterk oor dié dag se gebeure, dat hulle gewonder het of die munisipaliteit dit nie sal oorweeg om plekke soos Blousloep verbode vir voertuie tydens vakansietye te maak nie.

Tobies, asook ander voëlspesies, het die neiging om aggressief voor te kom wanneer daar té naby aan hul neste gekom word. Dit is egter nie 'n gevaarlike "lugaanval" op die mens nie. Dit is net hulle manier op te sê: "Asseblief, moenie my nes en eiertjies beskadig nie, ons wil graag die kuikens uitbroei want ons is alreeds op die lys vir bedreigde spesies geplaas!"    

Hardus Botha

Blousloep Broeiplekke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles