Blousloep Broeiplekke

Blousloep Broeiplekke

Gansbaai Courant

Groot dankbaarheid bestaan jaarliks vir die vele besoekers en vakansiegangers wat hier kom uitspan. Hulle sal altyd welkom wees en besighede, gastehuise, restourante en andere vind groot baat daarby. Gelukkig, te oordeel aan vele kommentaar wat ná 'n vakansieseisoen ontvang word, tree by verre die meerderheid van vakansiegangers verantwoordelik teenoor hierdie pragtige natuur op.

Blousloep in Franskraal is 'n pragtige plek om met die gesin te stap en te ontspan, met enkele voëls wat gereeld daar broei. Dit moet egter maar moet op 'n verantwoordelike wyse geniet word

Tog is daar jaarliks die uitsonderings van onverantwoordelike optredes. "Ek en my eggenote kon ons oë nie glo toe 'n man Tobies by Blou-sloep onder die klippe steek toe hulle hul nessie probeer beskerm nie, en dít ten aanskoue van sy kinders aan wie hy 'n voorbeeld behoort te stel nie," vertel 'n besorgde inwoner van Franskraal. "Toe my eggenote die man mooi vra om dit nie te doen nie, het hy in die teenwoordigheid van sy kinders lelike skelwoorde teenoor haar gebruik en gedreig om my aan te rand, maar sy kinders het hom gekeer." Hy vertel ook dat die een kuiken by die nes dood is en van die ander neste se eiers verwyder is. Hy het die polisie gekontak en sy Duinebesie se registrasienommer afgeskryf, maar die man en sy gesin was reeds weg toe die polisie opdaag. Hy en van sy vriende voel so sterk oor dié dag se gebeure, dat hulle gewonder het of die munisipaliteit dit nie sal oorweeg om plekke soos Blousloep verbode vir voertuie tydens vakansietye te maak nie.

Tobies, asook ander voëlspesies, het die neiging om aggressief voor te kom wanneer daar té naby aan hul neste gekom word. Dit is egter nie 'n gevaarlike "lugaanval" op die mens nie. Dit is net hulle manier op te sê: "Asseblief, moenie my nes en eiertjies beskadig nie, ons wil graag die kuikens uitbroei want ons is alreeds op die lys vir bedreigde spesies geplaas!"    

Hardus Botha

Blousloep Broeiplekke

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles