Rookwolke omring dorp

Rookwolke omring dorp

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai was die afgelope dag of wat behoorlik deur rookwolke omring. Dit het begin met 'n hewige veldbrand Maandag tussen Masakhane en die einde van die industriële gebied aan die dorp se kant. Later die aand het die brand weer opgevlam tot agter die industriële gebied.

Dinsdag het die area tussen Kolgansbaai en Beverley Hills nedersetting begin brand, selfs tot byna teen die see. In altwee gevalle was Gansbaai brandweer, verkeersmanne, polisie en Overstrand Medical Response flink aan die beweeg om groter skade te voorkom en om 'n wakende oog te hou.

'n Munisipale laaigraaf is ook ingespan om te help. Die geweldige brand in Stanford se rigting het dit vanaf Gansbaai laat lyk asof De Kelders weer gaan deurloop soos wat die digte rookwolke in hierdie rigting gewaai is. Die gebied vanaf die plaas Middelburg in die rigting van Wortelgat tot by die Spookhuis het onder die brand deurgeloop. Geen struktuur- of ander brandskade is aangemeld nie.

Van Gansbaai brandweer se beamptes en voertuie is ook in daardie rigting gestuur om te gaan help. 'n Behoorlike bedrywige paar dae met weinig rus vir diè manne en vroue met hul onbaatsugtige diens. Teen Dinsdagaand was die lug só met digte rookwolke van Stanford se kant af gevul, dat die weerkaatsing daarvan die see behoorlik swart laat lyk het, met rooi-gedeeltes tussenin wat soos 'n sonsondergang op see gelyk het.  

Hardus Botha

Rookwolke omring dorp

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles