Hugh-Daniel presteer weer

Hugh-Daniel presteer weer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

En toe doen Hugh-Daniel Grobler dit weer. Hy palm sommer twee aansienlike fotografie-pryse na mekaar in.

 
Hugh-Daniel Grobler (links)  met een van sy pryse, 'n Tamron-prys ter waarde van R10,000, wat hy onlangs ingepalm het

Eerste aan die beurt was die gewilde tydskrif, Die Weg se "Foto van die Jaar"-kompetisie, waar hy met die 1ste prys weggestap het.

Letterlik duisende foto's is gedurende 2012 vir hierdie gesogte kompetisie ingestuur. Maandae tot Vrydae word die foto van die dag gekies en elke week weer die foto van die week. Wenners hiervan kom dan in aanmerking vir die Foto van die Jaar, wat in 2012 se geval Hugh-Daniel was. Sy prys is 'n R2,000 geskenkbewys vir inko-pies by Cape Union Mart.

Daarna volg die "groot kanon" vir hom. Dit was Tamron se jaarlikse kompetisie, Shoot to Thrill.
Deelnemers skryf foto's vir 'n verskeidenheid van kategorieë in, soos onder andere aksie, wildlewe, water, portretstudies en makro. Naas die wenners in elke kategorie, word daar dan uit al die kategorieë 'n algehele wenner vir die 1ste prys aangewys. Weer eens was dit Hugh-Daniel.
Die enorme prys waarmee hy weggestap het, is 'n 200-500mm Tamronlens ter waarde van R10,000, wat sekerlik nie te versmaai is nie.

Gedurende die jaar het hy nog twee ander pryse vir sy fotografie ook gewen: Camera Land se maandelikse kompetisie en die Wild Fruit Juice kompetisie.

Hugh-Daniel is 'n werknemer van Gansbaai munisipaliteit en ook 'n aktiewe lid van Gansbaai Fotografieklub. Sy aanvanklike belangstelling in fotografie het baie vinnig 'n passie vir hom geraak, waarna hy mettertyd in 'n knap (professionele) fotograaf sonder enige opleiding ontluik het. Hy spog met verskeie pryse agter sy naam, asook foto's van hom wat al gereeld in Gansbaai Courant en Die Burger geplaas is.

Hugh-Daniel se besonderse foto’s kan op Facebook: HD Photography besigtig word en sy e-posadres is hdgrobler@gmail.com. 

Hardus Botha

Hugh-Daniel presteer weer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles