Drankwet pro Sondae

Drankwet pro Sondae

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Voorheen "ongehoorde" situasie in die Overstrand, is nou amptelik gewettig. Kleinhandelaars in drankverkope kon reeds met ingang van 1 Januarie 2013 drank op Sondae en alle publieke vakansiedae vanaf 08:00 tot 20:00 verkoop. Handelsure in drank is voorheen deur die Wes-Kaapse Regering bepaal en beheer. Hierdie magte is nou na plaaslike owerhede gedeligeer.


Met die Overstrand Munisipaliteit se aanvaarding van die nuwe Drankhandelsure Munisipale Regulasie ("By-Law") kan drank nou op Sondae en openbare vakansiedae in die Overstrand verkoop word. In Gansbaai is Gansbaai Superspar se wynafdeling en Tops!atSpar in Gansbaai Gateway Sentrum reeds vanaf die eerste Sondag van 2013 (5 Januarie) vir drankverkope oop-gestel, met Gansbaai OK Foods wat ook hul tou-versperrings by die drankafdeling ver-wyder het. Alhoewel dit 'n "aanpassing" in hierdie omgewing is, is dit weer vir besoekers nog altyd eienaardig dat hulle nie drank op Sondae kon koop nie. In ander pro-vinsies is dit lankal reeds die "normale" en geen snaaksigheid meer nie. Navrae deur Gansbaai Courant by enkele bottelstore in die dorp, skets ietwat van 'n ander prentjie. Oor die algemeen wil dit voorkom asof hulle, met verwysing na bedryfsuitgawes, dit nie as lonend genoeg beskou om byvoorbeeld Sondae vir die volle dag oop te wees nie. Enkeles het gemeld dat hulle dit wel as dienslewering aan hulle kliënte beskou en moontlik die voormiddag sal oop wees, wat wel deur een bottelstoor bevestig is. 'n Ander een het laat blyk dat hy wel op aanvraag beskikbaar sal wees, aangesien sy kafee reg langs sy bottelstoor is. "Indien ek 'n navraag vir drankverkope kry, sal ek beslis gaan oopsluit terwille van dienslewering, maar ek beskou dit nie as lonend om die hele dag oop te wees nie," het hy gesê. Almal is dit egter eens dat oop bottelstore gedurende vakansietye wel lonend kan wees. 'n Skrywe deur die Wes-Kaapse Drankowerheid, gedateer 11 Januarie 2013, deur die Hoof Uitvoerende Beampte: Wes-Kaapse Drank Owerheid, Thys Giliomee, is aan alle Munisipale Bestuurders van plaaslike regerings gestuur. Daarin word die reg van munisipaliteite om verkoopsure van drank te bepaal beklemtoon en word die implementering van die nuwe munisipale regulasies ("By-Law") versoek. 

Hardus Botha

Drankwet pro Sondae

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles