Versigtig met die anker

Versigtig met die anker

Gansbaai Courant

Gaan probeer maar vir ‘n kabeljoutjie op die “gewone” plekke  --  Haaiklip, Holbaai ens. Daar het nie veel verander om ander planne te regverdig nie. Dis slegs die manne wat hierdie huidige omstandighede ten volle kan benut wat sal kan spog met ‘n paar ordentlike visse. Ons trek al diep in Januarie en  het jy nog nie jou kanse gebruik nie, sal jy moet spring!
Hoe gemaak met jou anker? Wanneer jy oorspronklik hiervoor voorsiening maak sou die logiese keuse wees om te kies tussen een wat geskik is vir modder- of sandgronde of een wat meer geskik sou wees vir riwwe. Meeste van ons is al verby hierdie stadium en na so paar gevalle van ‘n geskikte een ten duurste aankoop (normaalweg beteken dit ook ‘n ander ketting), word daar sommer self een aanmekaar gesweis. Dan kos dit nog heelwat eksperimenteer om dit so te doen dat dit vir jou omstandighede geskik is. Nie te swaar nie, nie te lig nie, dit moet nie sleep of so lomp wees dat jy dit omtrent nie kan terug kry in die boot nie. Het jy einde ten laaste een wat reg blyk te wees, is daar ook ander faktore wat belangrik is. Kom ons bekyk ‘n paar.
Om te begin, jou ketting is baie belangrik en moet ‘n geskikte lengte wees. Baie skippers, wanneer die anker neig om te sleep, maak sommer van ‘n tweede anker gebruik terwyl ‘n langer ketting die antwoord behoort te wees. Dis nou indien jou anker wel aan die nodige vereistes voldoen. Iets wat elke skipper in elk geval moet weet is dat jou ketting bietjie speling gegee moet word voordat die “triptou” vasgebind word. Die rede is mos dat indien die anker so vashaak dat jy dit nie
kan optrek nie, hierdie tou sal breek en die anker dan van sy ander kant af, opgetrek kan word. En die “triptou” self. Wat jy ookal hier gebruik, dit moet van so ‘n gehalte wees dat dit wel sal breek, indien nodig. Die breekkrag van hierdie tou sal weer afhang van, byvoorbeeld, die sterkte stroom waarin jy opereer. Moet net nooit so argumenteer dat die tou glad nie moet breek nie.
Wat gebeur wanneer dit lyk asof die anker werklik nie wil meegee nie? Hoe probeer jy om die anker los te kry?  Elke ou het maar sy manier van doen, maar daar is ‘n paar gevaarlike praktyke wat vermy behoort te word. Maak eers seker daar is nog genoeg speling in jou ankertou en neem dan die boot na ‘n ander hoek en probeer weer. Na verskillende hoeke op die proef gestel is en die anker sit nog is ‘n ander opsie om, na jy weer eens seker gemaak het daar is genoegsame speling, die ankertou voor aan die boot te heg (nie vas te maak nie) en dan ‘n swelling toe te laat om die boot te lig. Maak selfs dan seker dat die tou deur die hegting kan gly. As dit ook nie suksesvol is nie is die laaste opsie om  deur dieselfde hegting te gebruik, stadig vorentoe te beweeg en die “triptou” te probeer afry. Oppas net dat deur te veel speling toe te laat, of te ver vorentoe te beweeg die ankertou nie in jou motors beland nie. Soms is dit die ketting wat verstrengel raak en dan is dit haas onmoontlik om los te kom. 
Indien al hierdie probeerslae onsuksesvol is beteken dit dat jy maar die ankertou sal moet lossny en jou sweiswerk moet opskerp!
Groete, Seemeeu

MEDELYE
Met Welfie Engelke en Pine Pienaar se heengaan verloor ons legendariese hengelaars, ware here en vriende van almal. Seemeeu se innige simpatie.

Versigtig met die anker

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles