Overberg Kushengelklub

Overberg Kushengelklub

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die 2012-Topwenners van Overberg Kushengelklub, met voor vlnr Leibrandt van Niekerk (Wedstrydsekretaris), WP Viljoen (2012-Sportman), Frans Claassen (Voorsitter) en Rian Conradie. Agter vlnr is Sihan Toua, Maynard van Niekerk (Jnr) en Oubaas Lesch.

Bravo aan die "eenjarige" Overberg Kushengelklub met hulle eerste prestige prysuitdelingsfunksie verlede Saterdagaand. Die klub is op 1 Oktober 2011 gestig en het in 2012 met klubkompetisies begin, met die aantal klublede wat na 41 gegroei het.

Pragtige trofeë is deur die jaar geskenk wat vir 'n redelike groot verskeidenheid van prestasies voorsiening maak. (Dit is gewis pragtige trofeë, maar aangesien dit van glas vervaardig is, is dit moeilik sigbaar op fotos).

Die twee prestige-wenners wat met trofeë beloon is, is WP Viljoen (Sportman van die Jaar Trofee) en Oubaas Lesch (Voorsitterstrofee). Die res van die prestige-wenners van trofeë (rekords) is Rian Conradie (Kabeljou), Sihan Toua en Maynard van Niekerk Jnr (Witsteenbras), Jaco van Dyk (Galjoen), Jacques van Dyk (Kolstert) en WP Viljoen (Mossel-kraker). Die klub se Top 10 punteposissies vir 2012 sien soos volg daaruit: Wynand Viljoen (78), Mornè Olivier (61), Oubaas Lesch (48), Rian Conradie (47), Sihan Toua (35), Maynard van Niekerk Jnr (33), Maynard van Niekerk Snr (23), Louis Otto (19), Jaco van Dyk (17) en Jacques van Dyk (15). Maynard van Niekerk Jnr is ook aangewys as 2012 se Junior Hengelaar van die jaar.

In die middel staan WP Viljoen, Sportman van die Jaar, met links en regs van hom die trofee-borge, Gerrie en Okkie van der Merwe

Die aanvanklike Bestuurspan is onbestrede vir 2013 herkies en bestaan uit: Frans Claassen (voorsitter), Wynand Viljoen (onder-voorsitter), Rian Conradie (sekretaris), Maynard van Niekerk Snr (borg-koördineerder) en Leibrandt van Niekerk (wedstrydsekretaris). Die borge vir 2012 (alfabeties) wat opreg bedank is, is Car & Boat Wash, Diamonds, Fish Fever, Gansbaai Matte & Blindings, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Sport & Tackle, Gansbaai Superspar, Gansbaai Tops, Great White Shark Tours, Hermanus Liquor Store, Hoogstraat Slaghuis (Worcester), Kograh (Caledon), L & S Motors, Overstrand Makelaars, Seaview Restaurant, Tereson (Citrusdal) en Toshiba (Worcester).
Die tafels was pragtig gedek en versier onder leiding van Marlinda van Niekerk, en dan mag Stanley Ferreira en Andrè Crafford maar vleisbraai, want dit was vanuit die boonste rakke! 'n Smaaklike voorgereg is bedien, met 'n broodtafel en hoofgereg van braaivleis en slaaie. Een van die "kelnerinne" vir die aand was niemand anders nie as 2012 se Mej Fees van die Ganse, Elzaan van Lill. Die aand het gesellig verloop en daar is sommer lekker saamgekuier ná die klub se eerste hengeljaar wat agter die rug is. Die klub se eerste kushengelkompetisie vir 2013 het ook verlede Saterdag plaasgevind. Die eerste voorlopers vir 2013 is Sihan Toua, Frans Claassen en Mornè Olivier. Hulle volgende kushengelkompetisie is vir 16 Februarie 2013 geskeduleer.

Oubaas Lesch (regs) ontvang die gesogte Voorsitterstrofee van Leibrandt van Niekerk van Overstrand Makelaars, die trofee-borg.

Vir enige navrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.                      

Hardus Botha

Overberg Kushengelklub

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles