Michael Rutzen herstel vinnig

Michael Rutzen herstel vinnig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Michael Rutzen, ook bekend as die "Haai-man" van Shark Diving Unlimited in Kleinbaai, was verlede week in 'n ernstige motorongeluk in Mosambiek betrokke.
Sy Italiaanse vriendin, Elisabetta Castella (35), is op slag dood en hyself is baie ernstig beseer. Volgens 'n familie-woordvoerder, JP Botha, het die ongeluk sowat 10km suid van Inhamabane in Mosambiek plaasgevind.

 'n Gansbaai Courant argieffoto van Michael Rutzen (“Sharkman”) van Shark Diving Unlimited, tydens die oorhandiging van 'n borgskap aan Jackie Lombaard ten bate van die Fees van die Ganse se Bergfiets-item

"Michael het vir 'n aankomende voertuig uitgeswenk en beheer oor sy Landrover verloor," het JP gesê. "Daar was nie 'n ander voertuig in die ongeluk betrokke nie." JP vertel dat Michael 'n baie ongemaklike nag in 'n Mosambiekse hospitaal deurgebring het, waarna hy die volgende dag met 'n noodvliegtuig na Johannesburg gevlieg is. Die vliegtuig het by Lanseria-lughawe geland, vanwaar Michael met 'n ambulans na die Sandton-Mediclinic in Johannesburg vervoer is. Hy is in die Intensiewe Afdeling opgeneem en het in erge pyn verkeer en is deurgaans onder verdowing gehou. Van sy ernstigste beserings is gebreekte ribbes wat in sy longe ingesteek het. "Die vog moes uit sy longe gedreineer word, maar sy lewe is nie in gevaar nie." Hy het in 1994 by grootwithaaie as skipper van 'n haaibesigtigingsboot betrokke geraak en 4 jaar later het hy begin om sonder die beskerming van 'n haaihok saam met grootwithaaie te swem. Sedertdien het hy wêreldwye bekendheid daardeur verwerf.
Hy was ook reeds by verskeie dokumentêre TV-uitsendings in hierdie verband (ook as "Sharkman") by Discovery Channel, National Geographic, Animal Planet, CNN, CBS, BBC en Franse en Italiaanse TV betrokke. Hy is ook bekend vir sy passie vir bewusmakingsveldtogte oor die bewaring van die grootwithaai. Navrae oor Michael se welstand is op Dinsdag, 5 Februarie by JP Botha gedoen. JP het soos volg gereageer: "Michael sterk baie goed aan en is vandag na die algemene saal oorgeplaas en sal na alle waarskynlikheid teen die naweek ontslaan word om huis toe te kan gaan." Dit is verblywende nuus en Gansbaai Courant wens hom graag algehele herstel toe.                                           
Hardus Botha

Michael Rutzen herstel vinnig

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles