SD doen dit weer

SD doen dit weer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Frank Louw, Ingrid Penzhorn, Nada Wotshela, Wilken Calitz, William Oosthuizen en SD Fourie van Franskraal

SD Fourie van Franskraal het haarself al deeglik bewys met die skryf van boeke en radiodramas. Etlike pryse is ook al deur haar ingepalm en nou het sy dit weer reggekry.

SD se nuwe radiodrama is John Birkenhead en sal gedurende RSG se eerste teater-seisoen gedurende April vanjaar uitgesaai word. John Birkenhead het betrekking op die stranding van die HMT Birkenhead wat op 26 Februarie 1852 by Danger Point gestrand het. Daar was 100 inskrywings vir vanjaar se kompetisie, met SD wat met die 3de prys weggestap het. Die kompetisie staan bekend as die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie, met Frank Louw as borgskapbestuurder van Sanlam en Nada Wotshela, SABC streekbestuurder wat tydens die prysoorhandigingsfunksie teenwoordig was. Ander wenners was: William Oosthuizen in die 1ste plek met Ons gaan huis toe; Wilken Calitz in die 2de plek met Veertig Dae; Ingrid Penzhorn, wenner in die kategorie vir skrywers jonger as 30 jaar met haar Vlug. Enkele van SD se vorige radiodrama prestasies is die volgende: Roep van die Potjieriet (2004 - 3de plek), Droomskip (2008 - 1ste plek) en nou John Birkenhead (2012- 3de plek). Sy het reeds 6 radiodramas geskryf, met almal wat op die kortlys geëindig het. Droomskip is ook opgeneem in die bundel Droomskip en ander radiodramas wat as voorgeskrewe werk vir hoërskole saamgestel is. "My skryfwerk is nog lank nie afgehandel nie en daar is nog baie ink in die pen. Dit is telkens 'n groot voorreg vir my om prysuitdelingsgeleenthede by te woon, met belangrike skrywers skouer te skuur en om nuwe skrywers te ontmoet. Daar is soveel talent en ons is almal Trots Suid-Afrikaans," het SD gesê. Gansbaai Courant dra graag opregte gelukwense aan SD oor.
Hardus Botha

SD doen dit weer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles