Haaibaanbreker oorlede

Haaibaanbreker oorlede

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Rosemary en wyle Jackie Smit

Die baanbreker haaioperateur van Gansbaai, Jackie Smit (77), het verlede Woensdag tydens ‘n opehartoperasie gesterf.

Jackie en Rosemary is in 1995 getroud en het hul droomhuis, Mooiuitsig, in De Kelders gekoop en as die eerste gastehuis in Gansbaai bedryf. Jackie was voorheen aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde.

Die BK, South Coast Safaris, is kort daarna gestig. Jackie, wat ‘n WP-spieshengelaar was en voorheen deur ‘n grootwithaai aangeval en gebyt is, het besluit om gaste na Dyer Eiland te neem om die grootwithaaie te besigtig. White Shark Adventures is so gebore. Teen Mei 2000 het ‘n geskatte 5000 toeriste reeds van hul haaibesigtigings geleentheid gebruik gemaak.

Die Diving Academy CC is ook toe as die eerste Padi Duik Akademie deur hulle in Gansbaai gevestig. Die Global Shark Research Unit is ook gestig toe die Smits die Universiteit van Stellenbosch betrek het. Hulle het borgskappe bekom en logistieke ondersteuing vir 2½ jaar aan die navorsingspan gegee.

Die Smits was wêreldwyd  bekend vir hul bydrae tot grootwithaainavorsing en het daarmee volgehou tot met hul uittrede. Die haaibedryf, wat deur hulle begin is, het intussen floreer en duisende toeriste word jaarliks hierheen gelok.  Die “Old man of the sea” het diep spore in Gansbaai getrap en sy nalatenskap is van groot waarde vir die dorp en die toerismebedryf.                                            
Francois de Jongh

Haaibaanbreker oorlede

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles