Toerisme se Jaarkalender

Toerisme se Jaarkalender

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai se nimmereindigende en entoesiastiese Toerisme Buro het reeds sedert die begin van die jaar 'n behoorlike Jaarkalender in die kantoor beskikbaar. Alle organisasies, skole, kerke en individue word vriendelik uitgenooi om daarvan gebruiik te maak.

Doulene Els van Gansbaai Toerisme wys hier na oop spasies op die enorme 2013 Jaarkalender wat vir byeenkomste beskikbaar is.

Die verlede het lankal reeds bewys dat gereelde "botsings" met verwysing na feeste en byeenkomste plaasvind. Hierdie is die ideale wyse om vele "botsings" van datums te voorkom. Dit is 'n groot Jaarkalender en belangstellendes kan rustig staan en kyk vir oop spasies vir beplande aanbiedinge. Hoe meer daar van hierdie Jaarkalender gebruik gemaak word, hoe minder onnodige botsings sal opduik. Inwoners, organisasies en besighede word ook aangemoedig om as Toerismelede teen 'n minimale jaarlikse fooitjie by Gansbaai Toerisme aan te sluit. Relevante en interessante inligting en datums kan op hierdie wyse bekom word om behoorlik met die omgewing se bedrywighede op hoogte te bly. Gansbaai Toerisme Buro se besoektye is Maandae tot Vrydae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-16:00 en Sondae 10:00-14:00.
Vir opdatum toerisme gebeure en interessanthede, kan hulle by 028-394-1439 gekontak word, of stuur 'n e-pos aan gansbaaiinfo@telkomsa.net. Webtuistes is: www.gansbaaiinfo.co.za of www.gansbaai.com.                                         
Hardus Botha

Toerisme se Jaarkalender

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles