Skietgereed vir 2013

Skietgereed vir 2013

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Paar van Gansbaai Pistoolklub se "skerpskutters" ("nie sluipskutters!" - Francois de Jongh) tydens verlede Saterdag se oefensessie by die skietbaan

Dis nou nie "skietgereed" vir oorlog nie, maar vir Gansbaai Pistoolklub se gereelde byeenkomste op Saterdae. "Ons het op 12 Januarie weer met ons byeenkomste begin en kennis kan nou reeds geneem word dat ons weer eens 'n gesellige Opedag in Maart vanjaar beplan," vertel Alec Kitley, voorsitter van die klub.

Gansbaai Pistoolklub is vanjaar in hul 19de bestaansjaar, ná die stigting van die klub op 10 Februarie 1994, en sake verloop steeds vlot met hul ledetal wat op 42 staan. Aansluitingsfooie en jaargelde is minimale bedraggies en inskrywingsvorms is by Gansbaai Inligtingsentrum beskikbaar. Volledige veiligheidsmaatreëls, baanprosedures en wenke is ook op die vorms aangebring.

Oefentye is elke Saterdag vanaf 08:00 tot ongeveer 10:30. Kinders met windbukse is eweneens welkom.

Enige navrae kan aan ondervoorsitter Andy Hammond by 028-384-2062 gerig word, of aan voorsitter Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275.
Hardus Botha

Skietgereed vir 2013

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles