Birkenheaders op volle vaart

Birkenheaders op volle vaart

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Boothengelklub is met hulle 3de boothengelkompetisie nou op volle vaart. Bev Swart van Bella-Me en sy bemanningslede, Steve Muller en Piet le Roux, het met hierdie kompetisie vir 'n verrassing gesorg (swaarste boot- en sakgemiddeld), maar nie groot genoeg om die voorlopers stof in die oë te skop nie. Op 2 Februarie 2013 het 6 bote met 'n bemanning van 18 ingeskryf en ingeweeg. Ses verskillende spesies is ingeweeg. Die totale aantal vis wat ingeweeg is, is 172 met 'n totale massa van 97.15kg, wat ‘n gemiddeld van 5.40kg per hengelaar beteken.

Die "wenspan" van verlede Saterdag se boothengelkompetisie, met vlnr Bev Swart en sy bemanningslede Steve Muller en Piet le Roux voor Bev se boot, Bella-Me

Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Johan Burmeister (Rooi roman - 2.00kg); 2de Swaarste vis, Jean Downing (Rooi roman - 1.75kg); Swaarste sak, Bev Swart (8.95kg); 2de Swaarste sak, Johan Burmeister (8.25kg); Swaarste bootgemiddeld, Bella-Me van Bev Swart (8.28kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Nu-Nu van Johan Burmeister (7.98kg); Dame Swaarste sak, Elna van Zyl (5.45kg). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (19.75kg); Jay-Bee 2 van Piet van Zyl (16.73kg); Relêks 2 van Jean Downing (12.51kg). Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (19.85kg); Gawie Krugel (19.35); Piet van Zyl (16.85kg). Dames Visvangkampioene - Elna van Zyl (17.65kg); Dixie Walsh (12.30kg). Johan Burmeister het ook die "los lootjie" vir die grootste vis vir sy Rooi roman losgeslaan. Die eerste registrasie-aand het heel bedrywig verloop, met diè dat Overberg Boothengelklub voortaan saam met die Birkenhead Boothengelklub vir hul maandkompetisies registreer.

Altwee die klubs is WP geaffilieerde klubs en daar word gepoog om die onderlinge samesyn te verhoog. Die eerste funksie-aand vir 2013 het gesellig verloop. Enkele Overberg Boothengelklublede was ook teenwoordig, asook 'n paar besoekers vanaf Hermanus se dansskool. Klublede Kobus du Toit en Philip Fourie het presies geweet hoe om Fish Lady se vis te bak en die Vis & Skyfie-ete met slaai en nagereg was vanuit die boonste rakke. Soos gebruiklik het Raymond Rabe gesorg dat die res van die aand gesellig op die maat van sy musiekfabriek verloop.
Hardus Botha

Birkenheaders op volle vaart

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles