Birkenheaders op volle vaart

Birkenheaders op volle vaart

Gansbaai Courant

Die Birkenhead Boothengelklub is met hulle 3de boothengelkompetisie nou op volle vaart. Bev Swart van Bella-Me en sy bemanningslede, Steve Muller en Piet le Roux, het met hierdie kompetisie vir 'n verrassing gesorg (swaarste boot- en sakgemiddeld), maar nie groot genoeg om die voorlopers stof in die oë te skop nie. Op 2 Februarie 2013 het 6 bote met 'n bemanning van 18 ingeskryf en ingeweeg. Ses verskillende spesies is ingeweeg. Die totale aantal vis wat ingeweeg is, is 172 met 'n totale massa van 97.15kg, wat ‘n gemiddeld van 5.40kg per hengelaar beteken.

Die "wenspan" van verlede Saterdag se boothengelkompetisie, met vlnr Bev Swart en sy bemanningslede Steve Muller en Piet le Roux voor Bev se boot, Bella-Me

Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Johan Burmeister (Rooi roman - 2.00kg); 2de Swaarste vis, Jean Downing (Rooi roman - 1.75kg); Swaarste sak, Bev Swart (8.95kg); 2de Swaarste sak, Johan Burmeister (8.25kg); Swaarste bootgemiddeld, Bella-Me van Bev Swart (8.28kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Nu-Nu van Johan Burmeister (7.98kg); Dame Swaarste sak, Elna van Zyl (5.45kg). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (19.75kg); Jay-Bee 2 van Piet van Zyl (16.73kg); Relêks 2 van Jean Downing (12.51kg). Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (19.85kg); Gawie Krugel (19.35); Piet van Zyl (16.85kg). Dames Visvangkampioene - Elna van Zyl (17.65kg); Dixie Walsh (12.30kg). Johan Burmeister het ook die "los lootjie" vir die grootste vis vir sy Rooi roman losgeslaan. Die eerste registrasie-aand het heel bedrywig verloop, met diè dat Overberg Boothengelklub voortaan saam met die Birkenhead Boothengelklub vir hul maandkompetisies registreer.

Altwee die klubs is WP geaffilieerde klubs en daar word gepoog om die onderlinge samesyn te verhoog. Die eerste funksie-aand vir 2013 het gesellig verloop. Enkele Overberg Boothengelklublede was ook teenwoordig, asook 'n paar besoekers vanaf Hermanus se dansskool. Klublede Kobus du Toit en Philip Fourie het presies geweet hoe om Fish Lady se vis te bak en die Vis & Skyfie-ete met slaai en nagereg was vanuit die boonste rakke. Soos gebruiklik het Raymond Rabe gesorg dat die res van die aand gesellig op die maat van sy musiekfabriek verloop.
Hardus Botha

Birkenheaders op volle vaart

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles