Dis ‘n welbekende feit dat meeste vissoorte hulle eie manier het om te byt. Indien na ‘n voorbeeld gesoek word om dit te illustreer hoef daar nie verder gesoek te word as die witsteenbras nie. Enige hengelaar wat sy sout werd is weet dat om hierdie vis te vang, jy hom kans moet gee om die aas ordentlik te “sluk” voordat daar vasgeslaan word. So eenvoudig? Nee tog nie. Vir eers is daar die manier waarop jou lyn voorberei word. Terwyl die kans altyd daar is dat die steenbras aan enige lyn kan byt is my geld op die ou wat ‘n glysinker gebruik. Die idee is juis dat die hoek nie gevoel word sommer met die eerste bytslag nie en hy sal loop met die lyn om dan later die aas behoorlik te sluk -- en dis dan wanneer jy vasslaan.
Dink aan ‘n galjoen en die prentjie verander ietwat. Die hengelaar sal die lyn steeds nie styf laat hang nie en so bietjie speling toelaat. Almal wat al vir ‘n galjoen se byt gewag het sal weet dat jy ook in dié vis se geval moet wag vir die regte oomblik voor die vasslaanslag.
Alles hang darem nie net af van die regte tydsberekening nie, want hoe jou gereedskap voorberei is tel bitter baie. Die lengte en tipe stok wat jy gebruik, die lyn, die strop en selfs die sinker maak ‘n geweldige verskil. Somtyds tel selfs die kleur van jou lyn, veral wanneer vanaf ‘n boot gehengel word. Buiten dat die kombinasie ‘n verskil kan maak wanneer jy jou aas op ‘n “tiekie” wil plaas beinvloed dit ook hoe daar gehengel word. Praat van snoek en daar word amper vuis geslaan wanneer verskillende aspekte bespreek word. Enigeen is in staat om ‘n snoek te vang wanneer die vis regtig aan die byt gaan, dis dan wanneer jy met ‘n kaal hoek nie sukkel om jou vis te vang nie. Maar wanneer die snoek skelm byt is dit ‘n ander storie. Dis dan wanneer die man langs jou die een na die ander intrek terwyl jy nie kan verstaan waarom jy dan nie eers ‘n byt kry nie. Wanneer jy jou dollie beskou lyk dit asof die lood met ‘n “chipping hammer” bygekom is. Dis natuurlik soos die snoek die lood aanval sonder om vas te byt. Eers wanneer jy die kuns bemeester het om jou lood op ‘n sekere manier in te trek smaak jy die bevrediging van daardie wrede loop van die vis. Soos die gereelde snoekvanger weet vat die vis somtyds net aas terwyl ander tye ander tegnieke gebruik moet word. So, snoek vang is ‘n storie op sy eie.
Silwervis. In die diep water is die vis se byt nie so opmerklik nie en baie maal hang hy reeds wanneer jy die lyn so voel-voel om te kyk of daar lewe is. In teenstelling hiermee is die byt van vis baie meer voelbaar in vlakker water en gevolglik moet jy meer in jou pasoppens wees. Wat my aanbetref is die vang van vis (ons praat nou van “ons soort”) in die vlakker water ‘n groter kuns as in die diep water. Ek weet dat hieroor baie verskil sal word en dis reg so! So, gaan jy hengel en jy ken nie van nie, hoop maar die vis gaan wild aan die byt en jy hoef jou nie te beroep op die kuns van wanneer en hoe nie!
Lekker vang,
Seemeeu
Wanneer om vas te slaan
14 February 2013Share This Post
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Learning and Fun at Masakhane Homework Hub!
Every day after school, the vibrant energy of eager young minds fills the air at Masakhane Homework Hub.
Spruce Up Your Home This Easter: Renew, Refresh, Remake!
This Easter, let's 𝗲𝗴𝗴-𝘀𝗽𝗲𝗿𝗶𝗲𝗻𝗰𝗲 𝘁𝗵𝗲 𝗷𝗼𝘆 𝗼𝗳 𝗮 𝘀𝘂𝗰𝗰𝗲𝘀𝘀𝗳𝘂𝗹 𝗵𝗼𝗺𝗲 𝘀𝗮𝗹𝗲!
Unlocking Emotional Freedom: The Ninety-Second Rule
Science shows that when a person has a reaction to something happening in their environment, there is a chemical process that happens for 90 seconds.
Next Dyer Island Marine Big 5 Tour: 29 March 2024
Join us for an incredible whale and Marine Big 5 eco tour on Friday, 29 March 2024, at 09:15.
Exploring Entomology: Grootbos Foundation Visits Iziko Museum
Exciting news from the Grootbos Foundation! Our entomology team recently embarked on an enriching journey to the Iziko Museum in Cape Town.
Grootbos Garden Lodge Wins Nature Reserve Hotel of the Year 2024
Garden Lodge has been honoured as the "Nature Reserve Hotel of the Year" at the 2024 Luxe Travel Awards.