ELUXOLWENI BEHUISINGSPROJEK SKOP FEESTELIK AF

ELUXOLWENI BEHUISINGSPROJEK SKOP FEESTELIK AF

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

PLAKKERSKAMPE OPGEGRADEER OM IN NOOD TE VOORSIEN
Die seremoniële sooispitseremonie vir die opgradering van die informele nedersetting van Eluxolweni naby Pearly Beach het onder groot en geesdriftige belangstelling van die gemeenskap op Woensdag 13 Februarie plaasgevind.

Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie is so deur die gesingery meegevoer dat sy self ‘n paar dansstappies saam met die vroue uitgevoer het. Vir die Wes-Kaapse Minister van Menslike Nedersettings, mnr Boginkozi Madikisela, het daar by sy aankoms ‘n verwelkoming deur ‘n pryssanger gewag. 

Die projek is deel van die nuwe benadering wat deur die Munisipaliteit Overstrand gevolg word om in terme van sy Agtjaarbehuisingsplan die bestaande waglys af te werk en veral op die voorsiening van gedienste erwe te fokus. Die koste van dié program word op R894 miljoen geskat.

Die samewerking van die Eluxolweni-gemeenskap was verstommend en meer as honderd strukture wat op die konstruksieterrein gestaan het, is binne tien dae verskuif.

By voltooiing sal daar 211 gedienste erwe beskikbaar wees. Nie al die begunstigdes gaan vir topstrukture kwalifiseer nie, maar die bewoners van die gebied sal wel die voordele van eiendomsreg, verbeterde omstandighede ter bevordering van gesondheid en veiligheid en verbandhoudende bemagtigingsgeleenthede kan geniet, het die Burgemeester gesê.
Sy het bygevoeg dat die moontlike begunstigdes reeds geïdentifiseer is en dat die kriteria vir deelname bepaal is.  Met dié projek gaan daar ook mense gehelp kan word, wat in die verlede uitgeskakel is omdat hul inkomste die maksimumperke oorskry het, minderjariges die hoof van die huishouding is of omdat hulle voorheen reeds huise besit het.

Volgens me Botha-Guthrie het die munisipaliteit hom ernstig daartoe verbind tot die ideaal om ‘n dak oor die kop van die huishoudings in die armer deel van die gemeenskap te voorsien en het dit reeds belangrike stappe gedoen om die lewering en administrasie van behuising te verbeter.

Die amptelike behuisingsbehoefte was einde Desember 2012 volgens Overstrand se Behuisingsdatabasis - altesame 6 321 gesinne en was daar 3409 plakkerstrukture in die gebied. Vir behuisingsprojekte in 2013/14 is daar R35 miljoen ontvang en die munisipaliteit beoog om dit te gebruik om 460 gedienste erwe en 333 huise te ontwikkel regoor die munisipale gebied.

Minister Madikizela en Overstrandse Uitvoerende Burgemeester,Rld Nicolette Botha-Guthrie

Mnr  Madikizela het gewys op die geweldige agterstand wat daar nasionaal en in die Wes-Kaap bestaan, maar dat die hulpbronne baie minder is as die behoefte. Wat daarmee gepaard gaan is ‘n nog groter agterstand in infrastruktuur. Daar moet kreatief te werk gegaan word om die maksimum lewering te verseker en dit kan net gedoen word as almal hul samewerking gee.   Politiek moet uit ontwikkeling gehou word, want te veel projekte kom nie van die grond af nie weens binnegevegte tussen verskillende faksies. Me Buseka Jonas het namens die gemeenskap gesê hulle is kristalhelder oor die uitdagings wat voorlê, maar dat die owerhede verseker kan wees dat dit die beste behuisingsprojek ooit sal wees. Sy hoop dat dit vir hulle werksgeleenthede gaan meebring en dat hulle bereid is om hande met almal te vat om dit ‘n groot sukses te maak.
Fanie Krige

ELUXOLWENI BEHUISINGSPROJEK SKOP FEESTELIK AF

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles