Gansbaai Munisipaliteit spog op 'n gereelde basis met "langasems" wat diensjare betref. Onlangs was dit weer sulke tyd.
Voor vlnr D Dahl en JP Felix en agter vlnr P de Villiers en AM Maholwana
D Dahl (Administrateur: Menslike Hulpbronne) en JP Felix (Algemene Assistant: Vaste Afval) spog elk met 20 diensjare. Kort op hul hakke is P de Villiers (Superindendent: Parke) en AM Maholwana (Algemene Assistant: Parke) wat elk met 15 diensjare spog. Die vier is tydens die onlangse Wykskomitee-vergadering met hul prestasies gelukgewens. Uitsonderlike lang diensjare moet sekerlik gepaardgaan met gelukkige werksomstandighede binne die geledere van Gansbaai Munisipaliteit se personeelkorps!
Hardus Botha