Rondegetal 2013 vir NGK

Rondegetal 2013 vir NGK

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die groot groep ouers met kinders wat iewers oorsee werksaam is, by die ingang van die NG Kerkgebou vir 'n webtuiste-foto.

Die NG-gemeente Gansbaai vier vanjaar enkele interessante "ronde"-getal herdenkings. Die Kommissie Gemeentebou beplan om 'n Spesiale Seestrome Gemeenteblad hierdie jaar in hierdie verband uit te bring.

Van hierdie datums is onder andere: Die Gansbaai Kerkgebou se hoeksteen is 60 jaar gelede op 28 Maart 1953 gelê; Die VGK Kerkgebou in Blompark se hoeksteen is 40 jaar gelede op 13 Mei 1973 gelê; Die Pearly Beach Kerkgebou is 10 jaar gelede op 15 Junie 2003 ingewy; Die Gemeenteblad, Die Seestrome, se eerste uitgawe in die huidige formaat het 10 jaar gelede gedurende Augustus 2003 verskyn.

Volgende jaar (2014) sal dit die 70ste bestaansjaar van die NG-gemeente Gansbaai wees, wat op 22 November 1944 gestig is, met hulle vorige Gedenkfees (60ste jaar) wat in 2004 plaasgevind het.

Die Baarskeerdersbos-gemeente het verlede jaar hulle 90ste bestaansjaar gevier.

Gansbaai NG-gemeente spog ook nou met 'n behoorlike en opdatum webtuiste met velerlei nuus en inligting daarin vervat. Die webtuiste kan onder andere vir interessante agtergrondgeskiedenis, die vooraf Sondae se preke, kerklike nuusgebeure en veel meer, insluitend goeie foto's, besoek word. Daar is ook skakelgeleentheid beskikbaar deur van die "Contact us"-opsie gebruik te maak. Kennis kan net geneem word dat die webtuiste deur die NGK se Kommissie Gemeentebou in stand gehou word en nie deur die Kerkkantoor nie. Bydraes vir die webtuiste kan wel by die Kerkkantoor ingedien word.
Opgewondenheid heers veral onder ouers waarvan kinders oorsee werksaam is. Hulle kan dan van die webtuiste gebruik maak om "in voeling te bly" en selfs bydraes van hulle kant af lewer. Verlede Sondag het ouers met kinders wat oorsee is, direk ná die Erediens voor die ingang van die Kerkgebou bymekaargekom, juis met die oog op die webtuiste terwille van hul kinders wat ver weg is. Die goedversorgde webtuiste, www.gansbaai.com/ng-church/, kan gerus besoek word.

Navrae kan aan die kerkkantoor by 028-384-0510 gerig word, of stuur 'n e-pos aan hulle by ngkgansbaai@telkomsa.net.      
Hardus Botha

Rondegetal 2013 vir NGK

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles