Kuiertjie by Okkie Smuts

Kuiertjie by Okkie Smuts

Gansbaai Courant

"Laerskool Okkie Smuts is 'n klein skooltjie met 'n groot hart vir kinders," was die skoolhoof, Chris Delport, se eerste opmerking tydens die onderhoud. Dit was dan ook presies die indruk waaronder Gansbaai Courant tydens die onderhoud met hom en die koshuisvader, Gerrie Geldenhuys, gekom het.

Links oorhandig Stienie Geldenhuys enkele items namens die NGK se Vrouediens aan Gerrie en Adanne Geldenhuys, Kos-huisvader en -moeder van Laerskool Okkie Smuts, met die skoolhoof, Chris Delport op die inlasfoto

Die NG-gemeente se Vrouediensaksie is lankal reeds by die koshuis betrokke en Stienie Geldenhuys is die afgevaardigde vir hierdie taak. Verskeie besoeke is al daar afgelê en gereelde donasies ten opsigte van noodsaaklike items is in die verlede al oorhandig. Tydens verlede week se besoek het Stienie en 14 vrouediensdames 'n besoek aan die koshuis gebring en almal het diep onder die besef van etlike noodsaaklike items wat benodig word gekom, maar ook dat die koshuis uitmuntend bestuur en bedryf word. Basiese noodsaaklike items wat deur die groep dames geïdentifiseer is, is onder ander toiletware, beddegoed, skryfbehoeftes en nie-bederfbare voedsel.

Vir bydraes aan en ondersteuning van die Vrouediens se projek, kan belangstellendes vanuit die gemeenskap vir Stienie by 079-856-2033 skakel, of skakel die Kerkkantore by 028-384-0510, waar skenkings ook afgelaai kan word. "Misverstande dat die skool 'n 'spesiale' skool met onder andere fisies gestremde- en leergestremde kinders is, het al opgeduik," vertel Chris. "Dit is egter hoegenaamd nie die geval nie. Laerskool Okkie Smuts is 'n doodgewone Artikel 21 skool, met skoolfondse wat betaalbaar is en leerders wat al op verskeie gebiede uitmuntend presteer het."  Tans is daar 209 leerders, met 9 leerkragte. Daar is 48 koskuisleerders, waarvan minstens die helfte Gansbaaikinders is. Gerrie en sy eggenote, Adanne is reeds sowat 13 jaar by die koshuis betrokke. Sy bekende "boere-rock"-orkes met 8 lede, School of Rock wat in 2006 deur hom gestig is, se lede bestaan slegs uit leerders en is steeds volstoom aan die gang.

Hulle spog met vele openbare optredes, waarvan een daarvan optrede tydens 'n vorige Fees van die Ganse was. Die skool se leerders, hoe min ookal, spog met vele akademiese-, sport- en ander prestasies en toekennings oor vele jare heen. Tydens die onlangse Walker Bay Atletiekbyeenkoms in Hermanus, het nie minder nie as 8 atlete uit hierdie klein skooltjie vir die Suid-Boland Atletiekbyeenkoms gekwalifiseer. Laerskool Okkie Smuts is op 11 November 1910, meer as 'n eeu gelede, amptelik geopen en het uit drie kamers bestaan wat vir £900 gebou is. In 1920 is Hollands as voertaal deur Afrikaans vervang en in 1921 het die skoolkoshuis tot stand gekom. Belangstellendes kan gerus die skool se webtuiste, http://okkiesmuts.com besoek vir interessante agtergrondgeskiedenis sedert 1910. Intussen is die skool gekenmerk met vooruitgang. Alhoewel selfversorgend, bestaan daar 'n indringende behoefte aan addisionele befondsing en ondersteuning om die kinders tot hulle volle potensiaal te ontwikkel, net soos dit die geval by alle ander skole is.

Vir enige navrae of ondersteuning kan die skoolsekretaresse, Amelia de Villiers by 028-3410611 of 074-117-2475 geskakel word, of stuur 'n epos aan haar by adminokkiesmuts@orcawireless.co.za. Koshuisnavrae kan aan Gerrie by 028-341-0720 gerig word. "Ek en Gerrie dra graag ons opregte dank namens die skool en koshuis aan Gansbaai se gemeenskap oor, asook aan die NG-gemeente, die NG Vrouediensaksie en andere in Gansbaai vir die vele ondersteuning wat al ontvang is. Wees verseker dat elke bydrae opreg deur ons en die leerders waardeer word," sê Chris.    
Hardus Botha

Kuiertjie by Okkie Smuts

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles