Hengel Rubriek Soek jou vis

Hengel Rubriek Soek jou vis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hoe gebruik jy jou boot om by die vis uit te kom? Hoewel ‘n visvinder en GPS amper onmisbaar geword het om jou vis op te spoor is die storie tog nie so eenvoudig nie. Op jou GPS het jy gewoonlik jou gunstelingplekke vasgepen en dis dan ook waarheen jy jou haas. Dit op sy eie is somtyds juis die probleem.

Ons is so gewoond om na die afgemerkte plekke te gaan dat die riwwe tussenin oorgesien word. Die plekke op die GPS is juis daar omdat dit met ‘n vorige keer goed gegaan het en ons aanneem die vis gaan weer daar wees. Wat wel waar is is dat dit gewoonlik ‘n area is waar dit heel waarskynlik ‘n plek is wat vir sekere vis aantreklik is en die kans groot dat die vis weer daar sal voorkom. Maar  as jy pal hierdie plekke opsoek mis jy ander gebiede wat net so of selfs meer geskik is.
Wat gebeur gewoonlik? Ons stel die GPS en gaan na sê maar, Romansgat toe. So genoem omdat ons op ‘n vorige keer roman daar aangetref het en dit vir ons voorspel hulle kan weer daar wees  --  en met reg! Maar dit werk nie altyd so nie. Die dag wil niks daar byt nie en roman se kind het gee pad. Nou moet daar gesoek word en dis nou dat die visvinder handig inkom. Maar hoeveel keer het dit nie al gebeur dat daar skole vis wys maar niks wil byt nie. Dis natuurlik die ander probleem, en sover is dit maar bespiegeling waarom dit gebeur. Òf die water is te koud, òf te warm, òf daar is ‘n storm aan die kom. Die stroom is te sterk, of die kleur van die water is nie reg nie, of een van die ander verskonings moet maar doen.

Dis darem te hope dat jy jou visvangplek uitgesoek het volgens die vis wat jy hoop om te vang en as dit kabeljou is sal dit sekerlik ‘n plek soos die Moddergate of Vlagpale wees. En selfs hierdie plekke moet sekere tye van die jaar verkies word. Anders sal dit nader aan die bamboes wees en sal plekke soos Haaiklip voorkeur kry. Hotties sal normaalweg tussen die bamboes en riwwe gevind word, dus gaan jy na ‘n verskeidenheid plekke wat aan hierdie vereiste voldoen en daar is baie van hulle!

Kom ons neem aan jy gaan soek jou hottie by een van hierdie gate  --  die water is redelik skoon en nie te koud of te warm nie en jy gaan lê eers op die dryf om seker te maak die vis is wel daar. Wat ‘n verlossing as jy reg geraai het en die vis begin byt! Maar, dit werk nie altyd so nie en kom ons neem aan daar is tog nie vis nie, nou moet jy kop gebruik. Moet nie heeltemal gee pad nie en skuif net bietjie aan. Probeer maar weer op die dryf. Dis nou te sê as daar nie ‘n vreeslike stroom is of die wind wil jou wegwaai nie. Dan is dryf baie onprakties. Dan maar aanskuif en jou visvinder dophou en hoop die goed gaan byt. Is jy wel gelukkig en gaan lê op die vis en hulle byt (jy het blykbaar die regte en vars aas), bly daar tot jou kwota vol is. Gaan hulle van die byt af is dit ‘n idee om die ankertou of te laat skiet, of in te trek in die hoop om weer die regte riffie raak te lê, of ten laaste maar weer te gaan soek. Al beteken dit hierdie keer ‘n heel ander plek. Daar is altyd die moontlikheid van ander vis wat jy normaalweg nie op ‘n besonderse plek v erwag nie, en dan kry die GPS weer werk!  En so het ons maar almal ons gewoontes. Lekker vang,
Seemeeu

Hengel Rubriek Soek jou vis

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stress Management for Ikamva Health Workers

Stress Management for Ikamva Health Workers

This week, we had the privilege of facilitating a wellness workshop with the Ikamva Health Workers, who provide essential home-based care...

i-MED africa
Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

Arum Lily Frog and Eight-Day Curebush in the Overberg

This good-looking little frog is an Arum Lily Frog.

Grootbos Foundation
New Winter Fashion

New Winter Fashion

New stock has arrived at Komtessa Boutique!

Komtessa Boutique
Feature Wall Ideas

Feature Wall Ideas

One wall. One bold decision. A completely different room.

CalmEze Products for Cats and Dogs

CalmEze Products for Cats and Dogs

If you're looking for CalmEze products in Gansbaai, you'll find the complete range at The Pet Grocer Gansbaai. 

The Pet Grocer
Sweet and Tangy Curry Beetroot

Sweet and Tangy Curry Beetroot

Add a burst of sweet and tangy flavour to every bite!

Prime Cuts Meat
See All Articles