So vang jy hotties

So vang jy hotties

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nog steeds is die kans daar om ‘n kabeljoutjie in die hande te kry, maar soos tevore al gemeld, het jy nog nie van hierdie geleentheid gebruik gemaak nie, is jy ver agter in die ry. Binnekort gaan die vis geepad dieper in en met die rowwer water om die draai gaan hulle ook nie meer so na aan die wal beskikbaar wees nie.
Met die westewinde wat kort-kort kop uitsteek is daar manne wat tog loer of die geelbek nie maar wil gesig wys nie, maar met min sukses. Nou ja, met min ander opsies bly daar nog steeds hotties oor, en hierdie vissies is nou lekker vet en hulle byt dat dit klap. Kom ons loer so slag na die kuns om vir hulle te hengel. En van ‘n boot af is die kanse skraal dat jy hulle nie gaan raakloop nie.
Om by jou lyn te begin  --  hoe ligter, hoe beter. Jou hoekies. ‘n 4 of 2 en ‘n swaar genoeg sinkertjie wat jou gaan toelaat om deur die kleiner vissies te kom, of selfs van ‘n visstok gebruik te maak. Somtyds, soos ook met snoek die geval is, gaan die hotties aan die byt en solank jou lyn in die water is en aas aan die hoek, gaan jy feesvier onder die vis en is dit nie juis ‘n kuns nie. Soos met snoek, raak hulle skelm en is dit net die bedrewe hengelaar wat sal kan spog met ‘n paar vis. Daar is verskeie opsies wat jy kan gebruik wanneer die hotties besluit om hardekoejawel te word, en nie een waarborg sukses nie!
Jy kan jou lyn opmaak soos jy dit gewoonlik aan wal doen, met jou sinker wat onder hang en jou een of twee stroppe een bo die ander, bo die sinker. Of jy kan van die tousinkers gebruik, en ‘n drieoog-”swivel” met jou een of twee stroppe na onder. Normaalweg sal jou hoeke die een bietjie laer as die ander wees met die lengte van jou stroppe wat dikwels ‘n verskil maak. In plaas van die tousinker kan van ‘n glysinkertjie gebruik gemaak word en die hoeke self met so ‘n knoop aan die lyn gebind word dat dit los beweeg waar dit vasgebind is. In vlakker water sal ‘n ligte lyntjie met slegs ‘n “swiveltjie” as sinker verkieslik wees. Onthou ook dat hotties skoner water aanvaarbaarder vind.
Hierdie visse is nie beperk tot bamboes en riwwe nie, maar dis dikwels waar jy hulle vind, met die gevolg dat jy jou maar kan klaarmaak om “tackle” te verloor. Jy word ook net gewoond daaraan om jou sinker net bo die grond te hou, dan byt hulle skielik vyf faam onder die oppervlak. Kyk maar indien die ander manne beter as jy vaar, hoe hulle maak. Dikwels is net ‘n aanpassing nodig.
Die ou grotes pas net lekker op ‘n ordentlike braairooster!
Groete, Seemeeu

So vang jy hotties

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles