So vang jy hotties

So vang jy hotties

Gansbaai Courant

Nog steeds is die kans daar om ‘n kabeljoutjie in die hande te kry, maar soos tevore al gemeld, het jy nog nie van hierdie geleentheid gebruik gemaak nie, is jy ver agter in die ry. Binnekort gaan die vis geepad dieper in en met die rowwer water om die draai gaan hulle ook nie meer so na aan die wal beskikbaar wees nie.
Met die westewinde wat kort-kort kop uitsteek is daar manne wat tog loer of die geelbek nie maar wil gesig wys nie, maar met min sukses. Nou ja, met min ander opsies bly daar nog steeds hotties oor, en hierdie vissies is nou lekker vet en hulle byt dat dit klap. Kom ons loer so slag na die kuns om vir hulle te hengel. En van ‘n boot af is die kanse skraal dat jy hulle nie gaan raakloop nie.
Om by jou lyn te begin  --  hoe ligter, hoe beter. Jou hoekies. ‘n 4 of 2 en ‘n swaar genoeg sinkertjie wat jou gaan toelaat om deur die kleiner vissies te kom, of selfs van ‘n visstok gebruik te maak. Somtyds, soos ook met snoek die geval is, gaan die hotties aan die byt en solank jou lyn in die water is en aas aan die hoek, gaan jy feesvier onder die vis en is dit nie juis ‘n kuns nie. Soos met snoek, raak hulle skelm en is dit net die bedrewe hengelaar wat sal kan spog met ‘n paar vis. Daar is verskeie opsies wat jy kan gebruik wanneer die hotties besluit om hardekoejawel te word, en nie een waarborg sukses nie!
Jy kan jou lyn opmaak soos jy dit gewoonlik aan wal doen, met jou sinker wat onder hang en jou een of twee stroppe een bo die ander, bo die sinker. Of jy kan van die tousinkers gebruik, en ‘n drieoog-”swivel” met jou een of twee stroppe na onder. Normaalweg sal jou hoeke die een bietjie laer as die ander wees met die lengte van jou stroppe wat dikwels ‘n verskil maak. In plaas van die tousinker kan van ‘n glysinkertjie gebruik gemaak word en die hoeke self met so ‘n knoop aan die lyn gebind word dat dit los beweeg waar dit vasgebind is. In vlakker water sal ‘n ligte lyntjie met slegs ‘n “swiveltjie” as sinker verkieslik wees. Onthou ook dat hotties skoner water aanvaarbaarder vind.
Hierdie visse is nie beperk tot bamboes en riwwe nie, maar dis dikwels waar jy hulle vind, met die gevolg dat jy jou maar kan klaarmaak om “tackle” te verloor. Jy word ook net gewoond daaraan om jou sinker net bo die grond te hou, dan byt hulle skielik vyf faam onder die oppervlak. Kyk maar indien die ander manne beter as jy vaar, hoe hulle maak. Dikwels is net ‘n aanpassing nodig.
Die ou grotes pas net lekker op ‘n ordentlike braairooster!
Groete, Seemeeu

So vang jy hotties

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles