Pearly Beach Jukskei

Pearly Beach se jukskeispan word jaarliks uitgenooi na toernooie in Agulhas. Op die 26ste Januarie was daar weer 'n toernooi wat geborg was deur OK Bazaars. Spanne van ondermeer Agulhas, Struisbaai, Kleinmond, Bettiesbaai en Tvos het deelgeneem. Hierdie jaar het Pearly Beach met die louere weggestap en die eerste plek in hul afdeling gewen. Op die foto regs verskyn vlnr: John Swart, Jas van Niekerk, Martin Brand, Lourens Venter en Petro Rust van OK Bazaars, wat ook die pryse oorhandig het. In September vind daar weer 'n toernooi plaas en ons hoop om ook goed te vaar.                                      

Lourens Venter