Aardjie na sy vaartjie

Aardjie na sy vaartjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In die geval van Dr Christo Barnard en sy seun, Dr Zander Barnard is die spreekwoord, Aardjie na sy vaartjie, letterlik van toepassing. Zander het met ingang van Maandag, 4 Maart 2013 by Christo se praktyk, Dr HC Barnard Mediese Praktisyn in Barnardstraat ingeskakel.

Gansbaai se unieke geneesheer-kombinasie, met dr Christo Barnard (regs) saam met sy seun, dr Zander Barnard (middel) van Dr HC Barnard Mediese Praktisyn, en X-treme Fitness se nuwe eienaar, Pieta Botes links.

"Maar ek is beslis nie op pad uit nie. Ek en Zander sal nog vir die volgende paar jaar as 'n span saamwerk, maar ook met die oog op 'n 2-man praktyk en daar is dus nog geen aftree-gedagtes by my nie," het Christo gesê. "Inteendeel, met die opgradering na 'n 2-man praktyk, asook ‘n samewerkings-ooreenkoms met Overstrand Medical Response van Cassie Carstens en Riaan Buys, is ons opgewonde om aan te kondig dat ons praktyk voortaan 24 uur en 7 dae ‘n week diens aan die mense van Gansbaai en omgewing gaan lewer". Zander (28) is 'n produk van Gansbaai en was 'n skrander leerder, wat ook as Hoofseun van Laerskool Gansbaai en Hermanus Hoërskool gedien het. Hy vertel dat hy oor verskeie beroepe nagedink het en dat sy pa hom geensins in 'n mediese rigting probeer beïnvloed het nie. "Tog dink ek die 'mediese-huis' waarin ek grootgeword het, asook my respek vir die werk wat my pa gedoen het, het uiteindelik die deurslag vir my besluit gegee om in sy voetspore te volg," sê Zander. In 2009 verwerf hy sy M.B.Ch.B. aan die Universiteit van Stellenbosch. Reeds gedurende sy vakansietye was hy onder andere in Engeland by die omsien na bejaardes en siekes betrokke, in Nederland by die Gronening Hospitaal en in Tansanië by ‘n hospitaal vir die Masaimara. Zander het sy 2 jaar praktiese dienstydperk in Port Elizabeth voltooi, waarna hy sy gemeenskapsdiensjaar in Kimberley deurloop het.


"Die belangrikheid van fiksheid kan nie genoeg teenoor pasiënte beklemtoon word nie, en daarom sal ek nie huiwer om, waar en wanneer nodig, aan te beveel dat my pasiënte vir spesifieke oefeninge by 'n gimnasium sal aanmeld," sê Zander. Daarom is hy dankbaar dat sy vriend, Pieta Botes, 'n gekwalifiseerde gimnasium-instrukteur, X-treme Fitness in Februarie by Pieter Groenewald oorgeneem het, wat goeie samewerking tot gevolg sal hê.

"Vir my is Zander se inskakeling by my praktyk 'n groot verligting en 'n voorreg, asook die verwesentliking van 'n lewenslange ideaal," sê Christo, 'n stoere Gansbaaier wat sy M.B.Ch.B. (Pret) aan die Universiteit van Pretoria verwerf het. Hy praktiseer reeds vir die afgelope 33 jaar in Gansbaai en was ook vir sowat 30 jaar die Distriksgeneesheer.

Net soos Zander, is Christo 'n fiksheidsfanatikus en is 'n bekende in die omgewing op sy bergfiets. Voorts is hy al die afgelope ±6 jaar by Gansbaai Melodrama betrokke en het daar, op die gebied van humor, nog minder bekendstelling nodig. "Ek het steeds groot respek vir my pa se ervaringe oor vele jare heen en weet dat ek nog baie by hom sal leer," sê Zander. "Verder is dit ook vir my 'n voorreg om hier, waar ek grootgeword het, iets in die gemeenskap te kan terugploeg." In aggenome Christo se vele jare van ondervinding, gekombineerd met Zander se meer "nuwerwetse" mediese kennis, kan die resultate van hierdie samewerking tussen pa en seun net 'n wenresep en 'n aanwins vir die dorp wees.                     

Hardus Botha
 

Aardjie na sy vaartjie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles