Skemerstap op hande

Skemerstap op hande

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die wegspring tydens verlede jaar se Skemerstap ten bate van Herberg-aan-See Nasorgsentrum. (Argieffoto: Gansbaai Courant)

"Vanjaar se Skemerstap was so byna-byna van die baan, maar op openbare aandrang is dit nou sommer voor die deur," vertel Francia van Dyk, sameroeper van Gansbaai Goue Hande. Die jaarlikse Skemerstap ten bate van Herberg-aan-See Nasorgsentrum het 'n gewilde instelling geword en vind vanjaar op Dinsdag, 19 Maart 2013 plaas. "Dit gaan weer ‘n  lekker skemerstap/wandeling wees waar ons gesellig saam gaan verkeer en sodoende ook broodnodige fondse vir verbeterings aan die Nasorgsentrum by Herberg-aan-See insamel," sê Francia.

Die wandelaars begin om 17:30 by die Kleinbaai Sleephelling. "Al wandelende beteken dat ons wandelaars sowel as stappers verwelkom," sê Francia. Motors kan in die Sleephelling se parkeerterrein gelaat word, aangesien vervoer vanaf die eindpunt aan bestuurders verskaf sal word om weer daar uit te kom. Deelnemers word aangeraai om lekker loslit aan te trek, maar bring iets warms saam om by die eindpunt aan te trek, waar daar gesellig saamgekuier gaan word. ‘n Kombersie of iets om die Strandveldmuseum op te sit, sal ook handig wees.

Deelnemers stap al langs die Kleinbaaikus met die gruispad langs, dan oor ‘n stukkie natuurlike kuspad verby die Rooikransies en die laaste gedeelte al met die teerpad kuslangs voor Franskraal verby tot by die Strandveldmuseum. Rolstoele is baie welkom en sluit in Franskraal by die groep aan. "Maak seker u plaas u naam op die lys by Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes [028 384 0501], aangesien ons die getalle benodig om die nodige reëlings te tref en daar is wel 'n afsnypunt vir die getalle," versoek Francia. Deelnemers sal van ‘n koevert met instruksies voorsien word. Die koeverte word na die eindpunt saamgeneem, met donasies daarin. Sy kan ook geskakel word om name op die lys aan te bring en dan kan die koeverte by die beginpunt gekry word.

Vir verdere navrae kan Francia van Dyk by 028-384-0262 geskakel word. "Kom stap lekker saam - dit is heerlik!!!!! En gesellig!!! En daar is verrassings langs die pad!!!! En onthou die datum: Dinsdag, 19 Maart 2013 om 17:30!"
Hardus Botha


 

Skemerstap op hande

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles