Overberg Wood Turner Association

Overberg Wood Turner Association

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

2013 het afgeskop met 16 manne, wat die OWA vergadering bygewoon het in Kleinbaai op 14 Februarie om 18:00. Gansbaai lede, asook lede van Kleinmond,  Hermanus en Bonnievale was baie  entoesiaties om  die nuwejaar te begin.

Die OWA is onder leiding van Stigterslid en huidige voorsitter Hannes Lüdick begin  in April 2010, uitsluitlik vir houtdraaiers. Die behoefte het onstaan deur dat  van die lede houtdraaibanke het en nie die volle potensiaal uit hulle masjiene kon kry nie. Die funksie van die OWA is om jou masjien te ken, hoe om veiligheid toe te pas,  watter hout is geskik vir draai, watter bytels gebruik word,  hoe om jou bytels skerp te maak en algemene kennis op te bou. Dis 'n gesellige klomp bymekaar, en heelwat van hulle het al hul draaibanke opgegradeer na groter masjiene. 'n Demonstrasie wat verlede jaar aangebied is deur Hannes om penne te draai, het die klomp lede omtrent op hol gejaag, en daar is penne gedraai vir Afrika.  Die klub bestaan uit ongeveer 20 lede, en daar word maandeliks uitgesien na die byeen-komste.

Vergaderings vind plaas op die 2de Donderdag van elke maand. Enige persoon wat 'n belangstelling in houtdraaiwerk het is baie welkom om die aand saam met hulle deur te bring.  Die lede is ook altyd opsoek na hout, en daar word 'n beroep gedoen dat as daar 'n groot boom is wat afgekap word, die OWA gekontak kan word.

Houtdraai kursusse word ook aangebied en Hannes kan op 082 8903 679 of 028 3841170 gekontak word, ook vir inligting rakende die OWA.                      
Rienie Lüdick

Overberg Wood Turner Association

Rienie Ludick

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles