Die hare waai!

Die hare waai!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Morkel van Niekerk van Gansbaai Superspar met sy twee dogters vlnr Anrie (Gr3) en Jannika (Gr 6)

Die hare het letterlik verlede Saterdag by Gansbaai Superspar "gewaai", maar gelukkig vir 'n goeie doel. Dit was die jaarlikse Kansa Shavathon wat aangebied is, met hare wat gesny, gekleur, gestensil, gesproei en selfs ge-"jel" is. Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA), het 10 jaar gelede met hierdie inisiatief begin waar mense dit met hulle hare kan aanvang ter ondersteuning van kankerpasiënte.

Die groep vrywilligers wat hard tydens die Kansa Shavathon gewerk het, maar van wie sommiges sommer deelgeneem het ook.

Donasies wat betaal word, word vir die verskaffing van geïntegreerde dienslewering aan die publiek en ter ondersteuning van alle mense wat deur kanker geraak word, aangewend. Die verlies van hare is ‘n algemene newe-effek van kankerterapie. Die simboliese gebaar deur die publiek om hulle hare te laat skeer, sproei, stensil of jel is ‘n sigbare bewys dat hulle kanker-oorwinnaars ondersteun. Die vrywilligers wat behulpsaam was, is Annalise Theunissen, Charmaine Henrico, Ian Pieterse, Gesina Pieterse, Leon Kemp, Liesl Prinsloo van Hair on Main, Marlene Uys, Melissa van der Merwe, Natasha van der Berg van Snippets, Neels Claassen en Riana Enslin. Die volgende grootskaalse projek is Kansa se jaarlikse CANSA Relay For Life. Dit is 'n oornag geleentheid om kankerpasiënte te ondersteun en word op 16 en 17 Maart by die Hoërskool Hermanus aangebied.

Vir verdere inligting in hierdie verband kan Kansa se kantore by 028-316-3678 geskakel word.
Hardus Botha


Tarien Burger (2) wou eers niks weet nie, maar toe die tannie sê sy kan prentjies op haar hare kry, het sy ingestem
 

Die hare waai!

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles