Die hare waai!

Die hare waai!

Gansbaai Courant

Morkel van Niekerk van Gansbaai Superspar met sy twee dogters vlnr Anrie (Gr3) en Jannika (Gr 6)

Die hare het letterlik verlede Saterdag by Gansbaai Superspar "gewaai", maar gelukkig vir 'n goeie doel. Dit was die jaarlikse Kansa Shavathon wat aangebied is, met hare wat gesny, gekleur, gestensil, gesproei en selfs ge-"jel" is. Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA), het 10 jaar gelede met hierdie inisiatief begin waar mense dit met hulle hare kan aanvang ter ondersteuning van kankerpasiënte.

Die groep vrywilligers wat hard tydens die Kansa Shavathon gewerk het, maar van wie sommiges sommer deelgeneem het ook.

Donasies wat betaal word, word vir die verskaffing van geïntegreerde dienslewering aan die publiek en ter ondersteuning van alle mense wat deur kanker geraak word, aangewend. Die verlies van hare is ‘n algemene newe-effek van kankerterapie. Die simboliese gebaar deur die publiek om hulle hare te laat skeer, sproei, stensil of jel is ‘n sigbare bewys dat hulle kanker-oorwinnaars ondersteun. Die vrywilligers wat behulpsaam was, is Annalise Theunissen, Charmaine Henrico, Ian Pieterse, Gesina Pieterse, Leon Kemp, Liesl Prinsloo van Hair on Main, Marlene Uys, Melissa van der Merwe, Natasha van der Berg van Snippets, Neels Claassen en Riana Enslin. Die volgende grootskaalse projek is Kansa se jaarlikse CANSA Relay For Life. Dit is 'n oornag geleentheid om kankerpasiënte te ondersteun en word op 16 en 17 Maart by die Hoërskool Hermanus aangebied.

Vir verdere inligting in hierdie verband kan Kansa se kantore by 028-316-3678 geskakel word.
Hardus Botha


Tarien Burger (2) wou eers niks weet nie, maar toe die tannie sê sy kan prentjies op haar hare kry, het sy ingestem
 

Die hare waai!

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles