OK Klient wen Nissan

OK Klient wen Nissan

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die betrokkenes en die wenner, met vlnr Gary Lee, Chris van Rensburg, Koos Senekal, Petra van Rensburg, Gerhard Kriel, Hubie Kriel (wenner van die Nissan) en rdh Pieter Scholtz

"En ja, sowaar, een van OK Foods Gansbaai se kliënte word uit derduisende inskrywings getrek en is een van die wenners van 'n nasionale kompetisie," was Petra van Rensburg van Gansbaai OK Foods se eerste opgewonde opmerking.

Die opgewondenheid (en trane!) van Hubie Kriel van Franskraal het egter Petra se opgewondenheid met 'n spoed verbygesteek. Hubie is die wenner van 'n splinternuwe Nissan NP200 1.6i bakkie - bloedrooi van kleur! Die OK Franchise Divisie van die Shoprite Checkers Groep (OKFD) het 'n Nasionale Kompetisie landswyd geloods waartydens 11 van hierdie bakkies gewen kon word. "Ons is ongelooflik opgewonde om hierdie wonderlike prys aan een van ons gelukkige kliënte te kan oorhandig," het Petra gesê. "Wat 'n wonderlike eer het Gansbaai toegeval - heerlike positiewe nuus!" Hubie en haar ewe (dalk meer!) opgewonde eggenoot, Jan, is saam met enkele gaste deur Gansbaai OK Foods uitgenooi om haar bakkie op Dinsdag, 12 Maart 2013 te kom afhaal.


Hubie Kriel sit hier met 'n tevrede glimlag in haar splinternuwe Nissan NP200 1.6i

Die bakkie het ewe spoggerig in die ingangsportaal van die winkel gestaan en Hubie het sonder ophou geglimlag. Betrokkenes wat die geleentheid bygewoon het en die bakkie oorhandig het, is Gerhard Kriel (Hoofbestuurder: OKFD), Gary Lee (OKFD), Koos Senekal (OKFD) en Gansbaai OK Foods se trotse eienaars, Chris en Petra van Rensburg. Overstrand se Uitvoerende Onderburgemeester, rdh Pieter Scholtz, was ook teenwoordig. Smaaklike verversings is aan die gaste voorgesit en Hubie het daar en dan haar motorversekering gereël om seker te maak sý is die een wat met die bakkie daar wegry.   

Hardus Botha


 

OK Klient wen Nissan

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles