Speelpark in Blompark Geopen

Speelpark in Blompark Geopen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Deel van die groot hoeveelheid kinders, saam met enkele betrokkenes tydens die opening van die nuwe speelpark in Blompark

Dinsdag, 12 Maart 2013 was dit die ene "chaos" langs Roosstraat bo in Blompark. Nie as gevolg van probleme nie. Net vreugdevolle kinders wat op die pragtige en nuwe speelpark se toerusting toegesak het. En speel is daar gespeel - met mening - en beurte kon nie afgewag word nie, daarvoor het die pret eens te lekker gelyk.

Die nuwe speelpark is op Dinsdag 12 Maart te Blompark geopen. Die kostes van die toerusting wat daar aangebring is, beloop R35,000 en die gehalte daarvan getuig van die kostes. Gedurende die afgelope paar jaar is daar reeds R250,000 aan speelparktoerusting in die groter Gansbaai-gebied spandeer. Hierdie kosbare projek is deel van die R500,000 wat per wyk vir gemeenskapsprojekte begroot is.

Overstrandse Uitvoerende Onderburgemeester, Rhr Pieter Scholtz, wat ook die raadslid vir onder andere Blompark is, het tydens die opening van die speelpark die kinders en ouers toegespreek. Hy het daarop klem gelê dat die toerusting duur is en dat die kinders dit moet oppas. Hy het ook versoek dat die ouers en gemeenskap eienaarskap daarvan moet neem. Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie en enkele munisipale beamptes, asook gemeenskapsleiers vanuit Blompark was ook teenwoordig. Onder hulle was Sammy Brett en hy het namens die ouers onderneem om na die speelpark om te sien en dat dit tot voordeel van die hele gemeenskap aangewend sal word. Die meegaande fotos getuig van net één ding - vreugde en nogmaals vreugde! 
Hardus Botha
 

Speelpark in Blompark Geopen

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles