NG Kerk Gansbaai Gedenkmuur

NG Kerk Gansbaai Gedenkmuur

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr: Sarel Fourie (voorman), Jannie Botha (koördineerder), Flip en Michel Geldenhuys (boukontrakteurs)

Na vele vergaderings kon ons uiteindelik begin met die oprigting van die gedenkmuur tussen die kerk en die kerksaal.
Dit bestaan uit ‘n ringmuur met ‘n hek om dit veilig te maak vir enige besoeker. In die middel neem dit die vorm van ‘n kruis aan wat simbolies die Christendom uitbeeld. Elke nis sal twee persone se as kan akkommodeer.


Daar word ook beoog om ‘n tuin rondom die muur te ontwikkel. Die binnekant en die ingang is so ontwerp dat dit rolstoel vriendelik sal wees. ‘n Sleutel sal aan elke persoon wat ‘n nis bespreek verskaf word. Daar sal ook ‘n sleutel by die kerkkantoor beskikbaar wees vir ‘n verbygaande besoeker wat graag daar besoek wil aflê.
Die volle ontwikkeling sal in 3 fases geskied en sal voltooi word soos die belangstelling daar is. Die belangstelling is op die oomblik geweldig en ons moedig lidmate wat belangstel om by die kerkkantoor navrae te doen om ‘n nis te bekom.
Alle steentjies sal uit swart marmer bestaan met silwer letters en syfers daarop. Elke nis kos R1600 (R800 per persoon). Ongelukkig sal geen ander kleur stene of koperplate toegelaat word nie. Die rede is om eenvormigheid te kry en ook om die diefstal van die koper of brassplate te voorkom.
Volgens Jannie Botha het die idee ontstaan na verskeie besoeke aan begrafplase wat verwaarloos is. 

Grafstene is afgebreek en selfs die lood wat vroeër vir die inskripsies gebruik is, is afgesteel. Marmerpotte is gebreek en grafstene is stukkend geslaan. Onkruid word nooit afgehaal of doodgespuit nie en op plekke groei bome op die grafte. Ons dank God vir Sy genade dat ons nou ‘n rustige en veilige rusplek vir geliefdes kan oprig.
 

NG Kerk Gansbaai Gedenkmuur

Jannie Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles