Die Goeie Fee van Kanker...

Die Goeie Fee van Kanker...

Gansbaai Courant

.....sit toe al die tyd in die kombuiskas!


Saterdagnag vind die CANSA Relay for Life weer plaas op Hermanus Hoërskool se sportgronde.  Duisende kerse in wit, versierde papiersakke sal die area in ‘n sprokiesland omskep.  Elke kers verteenwoordig ‘n lyer, oorlewende of oorledene aan hierdie siekte.  Is dit regtig ‘n sprokie?  Is kanker ‘n siekte of net ‘n simptoom?
Dr Tullio Simoncini van Italië bevestig  wat ons lank reeds weet:  dat onkologie uiters winsgewend is en tel onder die hoogs-betalende van mediese behandelings. 


Die Duitse Dr Ryke Geerd Hamer  glo dat kanker net die simptoom is.  Navorsers  werk onverpoosd om die oorsake van kanker as siekte vas te stel, maar kom nooit by ‘n punt uit nie. Dit, beweer Dr Hamer, is omdat  die oorsaak drieledig van aard is.  Volgens sy navorsing begin kanker wanneer die siel erg getraumatiseer word en die slagoffer  as gevolg daarvan en die onvermoë om die situasie te hanteer en verwerk aan langdurige stres ly. Die oomblik wanneer die trauma plaasvind, vind ‘n “kortsluiting” in die brein plaas  wat ‘n negatiewe impuls na die organe stuur.  Hy verbind selfs verskillende traumas aan spesifieke organe. 


Wat belangrik  is om te onthou is dat nie al die selle in ons liggame superfiks  is nie.  Swak selle raak kankeragtig wanneer hulle nie die stres-impuls vanaf die brein kan hanteer nie. Tog sien hulle ook nie kans om sommer net oor te gee en dood te gaan nie. Hulle skakel dus af na ‘n laer vlak van oorlewing waar hulle net die nodigste lewensfunkises verrig, naamlik eet, uitskei  en vermeerder.  So word ‘n gewas gevorm.  
Suiker is koningskos vir kankerselle.  Hoe regverdig onkoloë  hulself  deur ‘n pasiënt vir twee ure in ‘n stoel te sit met ‘n chemo-naald in die een arm  en ‘n Coke  en suikergelaaide koekies in die ander hand, wetende dat die kankerselle enigiets wat na glukose lyk soos  uitgeteerde, honger wesens  opslurp?  Geen wonder die arme mense voel so ellendig met die  geweldige oorlog wat binne hul siek selle gevoer word nie. 
Nog die belangrikste feit is dat kanker, soos die oorgrote meerderheid van baktierieë en virusse in ‘n suur omgewing floreer.  Negatiewe emosies, tesame met ‘n hele rits voedselsoorte  vorm suur in die liggaam en in die bloed. Suurstof kleef nie aan bloedselle met ‘n suur pH nie. Kankerselle verwelkom dit, want suurstof beteken vir hulle die dood.  ‘n Gewas  vorm mettertyd sy eie nuwe aartjies om hierdie lae-suurstof bloed te kan bekom om beter en vinniger te kan groei.  ‘n Oormaat van suur  is op sy beste gif vir die liggaam, maar daar is ‘n baie eenvoudige manier  om dit te herstel. Koeksoda, die goedkoop, alledaagse alkaliniseerder.  
Bikarbonaat is ‘n bestanddeel  van bloed juis met die doel om die suur te neutraliseer,  maar met al die aanslagte van stres en verkeerde dieet  met  allerlei byvoegsels,  het ons almal ‘n aanvulling van bikarbonaat nodig.   ‘n Eenvoudige toets deur die pH van die tong en urine soggens te meet met strokies wat by apteke te koop is,  gee ‘n aanduiding van  hoe mens ‘n gesonde,  “suurvrye” dag kan beplan.  ‘n Normale lesing is pH7.4. Merk dit duidelik  op ‘n grafiek om jouself te monitor.  As voorkomende aanvulling behoort ‘n teelepel koeksoda per glas water , saans voor slapenstyd geneem,voldoende te wees.  In kanker pasiënte mag die dosisse drasties verhoog word, onder die wakende oog van ‘n dokter, natuurlik, en mits daar geen aluminium tot die koeksoda bygevoeg is nie.


‘n  Lokaas-en-arseen-terapie is deur Dr  Simoncini ontwikkel en op tweehonderd terminale kankerpasiënte getoets.   Een deel suiwer koeksoda is met drie dele suiwer esdoringstroop (maple syrup)  of heuning, waar dit verkrygbaar is, gemeng. Dit is vir vyf minute verhit  en een teelepel  is drie maal per dag aan pasiënte  gegee.  Omdat kankerselle vyftien keer meer glukose as normale selle  verorber,  het hulle hierdie mengsel hongerig opgeslurp, net om doodgeskok te word deur die skielike verandering  van hul suurinhoud na ‘n alkaliese pH.  Honderd vyf en tagtig van hierdie pasiënte het  nog  langer as vyftien jaar bly leef.


Ek brand Saterdagnag ‘n kers vir die Goeie Fee van kanker: KOEKSODA!  Mag sy die suur in soet verander en hoop bring daar waar wanhoop dreig.                   

Carien Badenhorst

Die Goeie Fee van Kanker...

Carien Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles