Gio se Rugby Kliniek

Gio se Rugby Kliniek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gio Aplon in aksie bokant 'n laerskoolleerder tydens sy en Hermanus Toyota se afrigtingskliniek in Gansbaai vir o/13 rugbyspanne

"Sal jy vir Bryan Habana kan weghardloop?", was een van die laerskoolleerders se vraag aan Gio Aplon. "As hy 'n vuurwapen op my rig sal ek beslis vir hom kan weghardloop!" was Gio se spitsvondige antwoord. Hermanus Toyota en Gio Aplon, bekende vleuel en heelagter van Westelike Provinsie, Stormers en ook die Springbokke, het verlede week 'n afrigtingskliniek op Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde aangebied. 

Laerskool Gansbaai se o/13's

Die o/13 spanne vanuit Laerskool Gansbaai, Gansbaai Primêr (Blompark), Laerskool De Bron (Stanford) en Laerskool St Pauls (Stanford) was teenwoordig. "Verskeie afrigtingsklinieke sal gedurende die volgende drie maande vir laerskole in die Overberg aangebied word. Ons doel daarmee is om die balvaardighede van die 0/13-spelers nog verder te verbeter," het Johan van Zyl, Handelaarshoof van Hermanus Toyota, gesê. Johan het voorts gesê die meeste van hierdie kinders het nog nooit die voorreg gehad om ‘n Curriebeker, Super 15 of Springboktoets te kon bywoon nie. "Juis daarom het Hermanus Toyota besluit om die plaaslike 'rugby-held', Gio Aplon, in te span om met die afrigtingsklinieke behulpsaam te wees.” In hierdie verband het Gio gesê: “Die Here het my ‘n talent gegee, en om iets hiervan terug te gee is die minste wat ek kan doen.” Taktiese bewegings, hanteringsvaardighede en losskrumtegnieke is die fokuspunte tydens die oefensessies.

Laerskool De Bron se o/13's


Hierdie sessies word deur Gio met ‘n motiveringspraatjie afgesluit. Die leerders, soos in Gansbaai se geval, is met ‘n Hermanus Toyota geborgde T-hemp bederf, asook met 'n Toyota-pet geborg deur Gio. Die toerusting is deur Martin Everson van Everson Sports Academy verskaf, terwyl Gio die rugbyballe verskaf het.

Gansbaai Primêr se o/13's

"Hermanus Toyota is trots daarop om as deel van sy 10de Verjaardagviering hierdie rugbyklinieke te kan borg," het Johan gesê. Gio Aplon is op 6 Oktober 1982 in Hawston gebore. Op skool was hy aanvanklik 'n kranige krieketspeler, maar daarna was dit net rugby al die pad. Tydens die toets op 12 Junie 2010 het hy 2 drieë gedruk, waar hy ook as "Man of the Match" aangewys.                                        

Hardus Botha


Laerskool St Pauls se o/13's

 

Gio se Rugby Kliniek

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles