Maak seker van jou aas

Maak seker van jou aas

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Van die manne het reeds geproe hoe ‘n gebraaide galjoen smaak. Omstandighede behoort binnekort gunstig te wees  --  en dan gaan die rooster weer ‘n slag les opsê. Ek hoor al daardie drup-drup op die kole!


Kabeljou  --  “ek skat so 10 kg”, sê hy, word nog steeds by Haaiklip gevang, maar onthou, dis reeds Maart en die tyd om hierdie visse so vlak te vang, is haas verby.
Nou onlangs, op die boot, ‘n interessante ondervinding gehad. Dit was al of die vis sekere van die sardynaas bo van die ander verkies. Almal weet tog seker dat behalwe die kennis wat jy benodig, en natuurlik die korrekte plek, die grootste sukses-faktor jou ase is. ‘n Verskeidenheid sal altyd help met die regte aas as een van hulle.


Van die boot af, nou die dag, beland ons tussen ‘n skool vis. Wanneer so ‘n skool aan die byt gaan, vang jy hulle met omtrent enigiets, behalwe in hierdie geval, ‘n kaal hoek. Die sardynaas was komende uit dieselfde aasboks, maar van sekere daarvan wou hulle niks weet nie. Wat ek toe opgelet het was dat die ou sardyne, wat uitgedroog was, onaangeraak aan die hoek bly hang het. Die ander aas, nie so uitgedroog nie, maar amper heel pap, vang die een vis na die ander. Die feit dat die uitgedroogde sardyn na ‘n ruk heel skaflik aan die hoek vertoon, het nie ‘n punt getel nie en was as aas absoluut niks werd nie. Komende uit een boks beteken nie al die aas daarin is ewe oud nie!


Maak dus seker as jy weer see toe gaan dat jou visaas nog in ‘n goeie kondisie is en verseker dat jy nie om die verkeerde redes visloos bly nie. Dís dalk die rede waarom so baie vis op die skerm vertoon, “maar niks wil byt nie”. Met beter aas kon die storie heel anders daar uitgesien het!
Lekker vang, Seemeeu

Maak seker van jou aas

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles