Welkome Boothengelborgskappe

Welkome Boothengelborgskappe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News


Vlnr is Johan Burmeister, Raymond Rabe, Lorainne en Philip Fourie van Gannet Financial Services Cc en Jean Downing tydens die oorhandiging van die borgskapspryse

As deel van 'n nuwe strategie vir 2013, asook om die Birkenhead Boothengel-klub se kompetisies des te meer opwin-dend te maak, is besluit om borgskappe vir die maandelikse boothengel-kompetisies te bekom. Waar deelnemers voorheen slegs hul inskrywingsgelde as pryse ontvang het, kan sake nou, met behulp van die borgskappe se gelukstrekkings, veel meer interessanter gemaak word.

Die afgelope kompetisie op 2 Maart 2013 is deur klublede Philip en Lorainne Fourie van Gannet Finan-cial Services Cc met R500 geborg. Hierdie dame en heer sorg vir uitmun-tende boot-, motor-, besigheids- en per-soonlike korttermynversekering en kan by 028-388-0076 gekontak word. "Ons is dankbaar om te kan sê dat ons alreeds borgskappe vir die volgende twee kompetisies aangebied is," het voor-sitter Raymond Rabe tydens die aandfunksie aangekondig.

Die Birken-headers se 4de boothengelkompetisie het goed afgeloop, met 5 bote wat ingeskryf het, waarvan 4 ingeweeg het, met 'n totale aantal bemanningslede van 13. Sewe verskillende spesies is ingeweeg. Die totale aantal vis wat ingeweeg is, is 130 met 'n totale massa van 101.15kg, wat ‘n gemiddeld van 7.78kg per hengelaar beteken.

Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Johan Burmeister (Skipjack tuna - 4.05kg), wat ook 'n nuwe Klubrekord is; 2de Swaarste vis, Loelof Doyer (Rooi roman - 1.50kg); Swaarste sak, Bertus Prins (11.95kg); 2de Swaarste sak, Gavin Engelbrecht (10.7kg); Swaarste bootgemiddeld, Relêks2 van Jean Dow-ning (10.74kg); 2de Swaarste bootge-middeld, Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (8.23kg); Dame Swaarste sak, Elna van Zyl (6.05kg). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (27.98kg); Relêks 2 van Jean Downing (23.25kg); Jay-Bee 2 van Piet van Zyl (22.70kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (30.35kg); Gawie Krugel (26.40); Jean Downing (24.75kg). Dames Visvangkampioen - Elna van Zyl (23.7kg).

Die aandfunksie het soos gewoonlik gesellig verloop, met smaak-like vis & skyfies en nagereg, asook Raymond Rabe se gratis Musiekfabriek vir lekker dans tot laatnag toe.

Alge-mene navrae rakende die Birkenhead Boothengelklub kan aan voorsitter Raymond Rabe by 082-928-0594 gerig word, met kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.                

Hardus Botha

 

Welkome Boothengelborgskappe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles