Uilkraal Buurtwag Tops

Uilkraal Buurtwag Tops

Gansbaai Courant

Die entoesiastiese Dagbestuur van Uilenkraalsmond Buurtwag het nou 'n karavaan aangeskaf wat as kantoor dien, maar wat terselfdertyd ander voordele ook inhou. Hierdie 1-jaaroue op-en-wakker Buurtwag is behoorlik bedrywig en het hulself al op verskie gebiede bewys. Die karavaan naby Uilkraal Kafee, wat hulle self aangekoop en herstel het, is die nuutste toevoeging tot hulle fasiliteite.


Die Dagbestuur van Uilenkraalsmond Buurtwag, met vlnr Wesley van der Poel, Oos Oosthuizen, Jurie Crous, Doreen Venter en Paul Venter (koördineerder).

"Tot en met Maart vanjaar het 170 vakansiehuisie tot die koste van die karavaan bygedra, waarvoor ons baie dankbaar is," vertel Paul Venter, koördineerder van die Buurtwag. Die karavaan dien tans as hulle kantoor, die vergaderplek van die Kampkomitee, as SAPD satelietstasie en ook as "Kliniek" vir privaatheid tydens die klinieksuster se besoeke. Dan sorg Doreen Venter ook nog vir toebroodjies en 'n drinkdingetjie vir die pasiënte. Wat die Buurtwag des te meer uitsonderlik maak, is dat die lede almal 65+ jaar oud is, maar te oordeel aan hulle maandverslae en resultate wat al bereik is, moet hulle geensins onderskat word nie. Die Dagbestuur bestaan uit Paul Venter (koördineerder), Wesley van der Poel, Oos Oosthuizen en Jurie Crous, met Doreen Venter, Paul se eggenote, as almal se regterhand. Hulle SAPD-verteenwoordiger is sers Woens Basson van Gansbaai SAPD. Die groep is goed toegerus vir hulle taak: 10 x tweerigting radios; 2 Fietse; 1 Gholfkar; 1 x 4-wiel motorfiets en sterk flitse. Hulle beplan ook die aanskaffing van 2 goeie tweerigting radios, waarvan een op die gholfkar sal bly en die ander een by die koördineerder, asook bykomende toerusting en hulpmiddele. "Naas ons patrolliedienste en ander verpligtinge, maak ons ook 'n punt daarvan om bejaardes gereeld te besoek om te verneem of alles wel is met hulle," vertel Paul. Die Buurtwag is maar sowat 'n jaar gelede op 20 Februarie as gevolg van 'n toename in inbrake in die vakansie-oord gestig en bestaan tans uit sowat 20 aktiewe lede. Daar is selfs 5 dames wat as lede aangesluit het en wat ewe hard werk en vir niks terugdeins nie. Johan Botha, Oordbestuurder, is vol lof vir die Buurtwag se uitstekende werksaamhede. "Dit beteken geweldig baie vir die oord, die inwoners en vakansiegangers," het hy gesê. "Die ODM en die Kampbestuur beskou hulle as 'n ware aanwins vir die oord en het groot waardering vir die uitstekende diens wat deur hulle verrig word." Johan het Paul se uitlating bevestig dat Uilenkraalsmond Buurtwag onlangs as die mees toonaangewende Buurtwag aangewys is. "Ons opregte dank gaan aan vorige donateurs, asook die volgende onlangse donateurs: Andrè en Marinda Adendorf (baadjies); Pieter de Necker (R1,000); Riaan en Sarethe Conradie (faks- en fotostaatmasjiene); Andrè Crafford (verskeie items wat in die karavaan benut kan word), asook aan sers Woens Basson vir sy fantastiese ondersteuning," sê Paul. 'n Interessante toevoeging tot hulle toerusting is hulle spesiale "Rooi Telefoon", nogal in 'n bloedrooi gebreide sakkie. Paul sê dié foon is altyd in besit van die persoon wat met die gholfkar diens doen. Die eerste nommer op die foonindeks is "AAA" vir Gansbaai SAPD. Die belangrike nommer van hierdie foon is 072-947-6147. Belangstellendes ter ondersteuning en/of borgskappe aan Uilenkraalsmond Buurtwag, kan vir Paul Venter by 076-795-1698 skakel. 

Liza versus Liza
Paul vertel van 'n komiese insident: "Liza, 'n 5-jarige meisie, het ons behoorlik op hol gehad gedurende Desembermaand. Wat as 'n ernstige insident begin het, het later op 'n baie komiese insident uitgeloop. Ons is laat weet dat Liza weggeraak het. Ons netwerk is behoorlik aan die gang gesit en al wat leef en beef het na Liza geloop en soek. Ek en 'n mede-lid het met die gholfkar in Bokmakieriestraat opgery en was baie opgewonde toe ons die verlore Liza by 'n vakansiehuis sien staan. Sy het aan die ouderdom, beskrywing en selfs haarkleur voldoen. Toe bevestig sy nog dat haar naam Liza is. Ons wou haar summier oplaai om na haar bekommerde ouers te neem. Groot was ons verbasing toe die dame by haar daar en dan 'n stokkie voor alles gesteek en sê dat Liza is waar sy veronderstel is om te wees. Intussen het almal se geroep na die "verlore" Liza haar wakker gemaak waar sy in 'n karavaan gelê en slaap het. Sy het by die karavaanvenster uitgeloer en so ewe gesê: "Hier is ek. Soek julle my?" Dit blyk toe dat Liza by die Poppekas was en toe besluit het om na vriende van die gesin se karavaan te stap. Hulle was nie daar nie en sy het ingegaan en op die slaapbank aan die slaap geraak. So byna-byna is die verkeerde Liza van haar eie plek af na "veiligheid" weggeneem. Groot verligting het geheers, maar agterna is daar heerlik oor die misverstand gelag."                     

Hardus Botha
 

Uilkraal Buurtwag Tops

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles