Ontruimingsoefening

Ontruimingsoefening

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Brandweer, saam met Overstrand Medical Response se personeel by Nedbank kort ná 'n ontruimingsoefening

Die koppe het beslis onlangs gedraai met Gansbaai Brandweer en Overstrand Medical Response se bedrywighede by Nedbank in Hoofstraat. "Nee-wat, niks om bekommerd oor te wees nie," het Nedbank se Takbestuurder, Clayton Sauls gesê. "Die Nedbankgroep het lankal reeds 'n beleid ingestel waarin bepaal word dat alle Nedbank-takke minstens een keer per jaar 'n ontruimingsoefening moet aanpak." Hy het Gansbaai Munisipaliteit vir só 'n oefening gekontak, waarna Gansbaai Brandweer in kennis gestel is, met 'n uitnodiging aan Cassie Carstens en Riaan Buys van Overstrand Medical Response om deel te neem. Gansbaai Brandweer se Divisie Offisier, Brian Lobb, asook Riaan en Cassie het bevestig dat die ontruimingsoefening suksesvol en glad verloop het. "Besighede, banke, instansies, skole, tehuise vir bejaardes en dies meer word genooi om soortgelyke oefeninge te reël," het Brian gesê. Tania Greeff van Overstrand Brandweer-dienste & Rampbestuur van Gansbaai Munisipaliteit kan by 028-384-8315 vir sodanige reëlings gekontak word.

Nuwe bestuurder vir Nedbank
Clayton Sauls is met ingang van 1 Februarie vanjaar as Nedbank Gansbaai se Takbestuurder aangestel, nadat hy sedert Desember 2012 tydelik in dié pos uitgehelp het. Clayton is sedert geboorte in Hermanus en het reeds in 2006 by Nedbank begin werk.

Nedbank Gansbaai se nuwe en vriendelike Takbestuurder, Clayton Sauls

"Ek beskou my aanstelling in Gansbaai as 'n groot uitdaging en sien daarna uit om Nedbank hier as Takbestuurder te verteenwoordig," het Clayton gesê. Hy sê een van sy belangrikste take is om kliënte, besighede, instansies, skole, kerke en dies meer beter te leer ken en om 'n vertrouensbasis met hulle op te bou. Juis daarom wil hy graag na Gansbaai verhuis, maar het nie verblyf hier nie. Clayton is ongetroud en belangstellendes wat enige vorm van sinvolle verblyf het om aan te bied, kan hom gerus gedurende werksure by 028-384-8200 skakel.           

Hardus Botha


 

Ontruimingsoefening

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles