Ambulans is vir almal

Ambulans is vir almal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overstrand Medical Response se personeel, met vlnr Steven Breytenbach, Abrie van Wyk, Cassie Carstens, Chantell Buys en Riaan Buys. Foto: Alma Breytenbach

Gansbaai en omgewing het sonder twyfel goeie rede om tevrede te wees met genoegsame mediese dienste wat beskikbaar is. Ingesluit daarby is die ambulans van Overstrand Medical Response van Riaan Buys en Cassie Carstens. "Ons is tot almal se beskikking, ongeag pasiënte se persoonlike keuses van spreekkamers," sê Riaan. Hulle bekwaamheid en mediese bystand wat ten tye van krisisse en ongelukke verleen word, is al deeglik bewys.

Overstrand Medical Response het in 2009 tot stand gekom en hulle eerste optrede met 'n wakende "mediese-oog" was tydens 2009 se Fees van die Ganse. Sedertdien het positiewe groei plaasgevind en in Januarie 2010 het die ambulans, 'n ware aanwins vir Gansbaai, bygekom. 'n Verdere voordeel van hulle bedrywighede is onder andere etlike Noodhulpkursusse wat al deur hulle aangebied is, vanaf Vlak 1 tot Vlak 3, asook hulle teenwoordigheid tydens sport- en ander byeenkomste. "Ons sorg ook dat ons by die aanstelling van nuwe personeel slegs van plaaslike mense gebruik maak," sê Riaan. Voorbeelde hiervan is Riaan se dogter, Chantell Buys, Steven Breytenbach van Pearly Beach en 'n 2012 Gansbaai Academia matrikulant, Abrie van Wyk, wat tans 'n student is met die oog op ambulansdienste en wie as vrywilliger by hulle werk. Hulle dienste is beskikbaar vir Gansbaai en omgewing, Pearly Beach, Baardskeerdersbos, Stanford en die plaasge-meenskappe. Die gedugte span bestaan tans uit Cassie Carstens en Riaan Buys, Chantell Buys, Steven Breytenbach en Abrie van Wyk. "Ons is dankbaar teenoor Gansbaai se verskillende spreekkamers vir uitstekende samewerking en ondersteuning van veral ons ambulansdienste," sê Riaan. Hy het ook sy waardering teenoor die onderskeie dokters vir hul samewerking uitgespreek. Goeie samewerking tussen Overstrand Medical Response met die verkeersmanne, brandweer en SAPD is ook aan die orde van die dag.

Vir flink ambulansdiens kan 078-699-6995 geskakel word, terwyl Cassie by 078-699-6995 en Riaan by 083-881-3631 vir noodgevalle geskakel kan word. Navrae kan ook aan hulle by overstrandmedics@gmail.com ge-epos word.

Hardus Botha
 

Ambulans is vir almal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles