AfriForum trap dieper Suid-Kaap voetspore

AfriForum trap dieper Suid-Kaap voetspore

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die burgerregte-organisasie AfriForum het n tak vir die Overberg-omgewing gestig.

Dié takstigting volg nadat verskeie van AfriForum se 12 nuwe takke in die Wes-Kaap reeds groot welslae op verskeie terreine behaal het. Nagenoeg 80 lede van die tak het die stigtingsvergadering in Uilenkraalsmond bygewoon, ondanks die feit dat lede oor die land versprei is.  Pieter Rautenbach, hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum, het die vergadering toegespreek, waarna n takbestuur gekies is.  Barnie Germishuys is as voorsitter verkies, Rudy du Plooy as ondervoorsitter, Nick Pretorius as sekretaris en Daniel Louw as penningmeester. Albertus Smit sal plaaslikerege-ringsake hanteer, Paul Venter sal hom op veiligheid toespits, Petro Smallbones behartig omgewingsake en Johan Prins is as 'n addisionele lid verkies wat ingenieursake sal hanteer.

Agter vlnr: Johan Prins, Paul Venter, Nick Pretorius, Daniel Louw. Voor vlnr: Pieter Rautenbach, Barnie Germishuys, Petro Smallbones, Rudy du Plooy en Albertus Smit.

Die tak se eerste taak is om n wenslys op te stel en dit met die Overberg en Overstrand Munisipaliteite te bespreek.  Die AfriForum-tak sal, as n belangegroep, poog om n vennootskap met die owerhede te vorm. Verskeie uitdagings waaraan die tak aandag sal gee, is reeds geïdentifiseer. Dit sluit die agteruitgang van infrastruktuur, die hoë heffings op voorafbetaalde meters, die gebrek aan kommunikasie en die beweerde eensydige wysiging van lede se kontrakte in.  Veiligheid is ook n groot prioriteit, en verskeie lede het by die vergadering by die buurtwag aangesluit. 

Belangstellendes kan vir Barnie Germishuys by 083 388 9521 skakel.

AfriForum trap dieper Suid-Kaap voetspore

Xplorio

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles