Baarskeerdersbos Basaar steeds n Wenner

Baarskeerdersbos Basaar steeds n Wenner

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die jaarlikse NGK Baardskeerdersbos Basaar is weer eens as 'n ware wenner bewys. Dit was vol pret, gesellig en 'n "ooreet" vandat dit geopen word tot net 'n kort rukkie daarna, want dan is alles opgeraap, maar die gesellige atmosfeer en saamkuier het aangehou.

"Soos in die verlede het ons 'n baie geseënde basaar gehad met baie mense wat van heinde en verre gekom het. Daar was weer eens van alles en nog wat te koop soos sosaties, vleis, wors, gebakte- en kerrievis, pannekoek, koeldrank en gemmerbier, poeding, lekkers, kos, brood en beskuit, melktert, groente, pasteie, hamburgers en hotdogs en naaldwerk," sê Aletta Groenewald, een van die organiseerders. Sy verwys ook na vanjaar se "nuutjie" - die teetuin binne die Kerkgebou, wat baie goed ondersteun is. Na verneem word was daar slegs een ongelukkigheid: Die witblits was te vinnig uitverkoop, maar Aletta sê gelukkig het die kweperlikeur darem 'n bietjie daarvoor vergoed.
Ondanks Manie Groenewald se groot operasie wat hy sowat 2 weke gelede ondergaan het, was hy en sy B'Bos Boere-orkes soos gewoonlik op hulle stukke, met vele aanhangers en 'n groot aantrekkingskrag. Terloops, Fonnie du Plooy van RSG Konsertinaklub kon verlede Saterdag byna nie uitgepraat raak oor dié groepie manne van die Strandveld nie.


"Die veiling is baie goed ondersteun en die speenvarkie is hierdie jaar toe sowaar vir R1,600 verkoop!" sê Aletta. "Skape is verkoop vir R2,000 stuks en 'n wilde volstruis, wat nog in die veld rondloop en nog gevang moet word, is vir R2,100 verkoop!"
Sy sê die vure waar die wors en sosaties gebraai is, het vanaf 05:00 al gebrand en daar is sommer baie gesellig en vrolik rondom die vure gekuier. Dis moontlik as gevolg van die sopies witblits wat geskink is om die manne krag te gee vir die swaar roosters! "Ons is baie dankbaar dat die basaar soveel geld ingebring het, maar ons was almal lekker moeg van die week se bontstaan om alles klaar en gaar te kry. Gelukkig glo ons daaraan om die werk met lekker klaar te kry - daarvan kan ds. Dirk van Dyk getuig!" sê Aletta. "Ons grootste dank gaan aan ons Hemelse Vader vir die lieflike dag en al die seëninge om die basaar 'n sukses te maak.

Ons wil ook al ons gemeentelede en ook die nie-gemeentelede wat so fluks gehelp het om alles gereed te kry, baie hartlik bedank, asook almal wat kom koop het - sonder julle kan ons nie basaar hou nie en sommiges het nogal ver gery om deel te wees van die basaar." Nou is 2013 se basaar iets van die verlede, maar Aletta sê hulle begin alweer binne 'n paar weke aan volgende jaar se basaar beplan. "Dus, hou julle gereed vir 2014 se B'Bos NGK-Basaar!"                           

Hardus Botha

Baarskeerdersbos Basaar steeds n Wenner

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles