Interessante wereld, hierdie van ons!

Interessante wereld, hierdie van ons!

Gansbaai Courant

Wel, ons kan nie te veel te kla nie. Daar is galjoen en kabeljou gevang en van Gansbaaihawe af ‘n “skipjack” Die groot nuus is natuurlik die baie sardyn wat nou oral om ons is en daarmee gepaardgaande natuurlik die hoop op groter vis. Daar was wel van hierdie vis te bespeur in die hawe maar wou nie die hoek vat nie.
Of die groter vis tog gaan volg is ‘n ope vraag en wat dít gaan bepaal is die weer. Volgens die vooruitvoorspelling van die weer behoort daar nie veel wind te wees nie en gaan dit boonop swaai vanaf suidwes tot suidwes of wes. Dit alleen gaan ‘n groot invloed hê en sal ook die watertemperatuur (hopelik ten beste) verander. Onthou, dit nou alles, verlede week.

Sardynaas behoort nou weer vrylik beskikbaar te wees en sal hopelik ook nie meer so duur wees nie. Soos ek vantevore in hierdie rubriek uitgewys het is die toestand van jou aas baie belangrik. Verkieslik moet jou sardynaas skubloos wees, dis baie makliker om so ‘n aas aan die hoek te kry (ek praat nou natuurlik nie van die groter roofvisse nie, aangesien die manier van aan die hoek sit, verskil). Dan lyk dit ook asof die vis in elk geval ‘n ontskubte aas verkies. Dit is bekend dat sommige visse self  hul aasvis ontskub voordat daar behoorlik vasgebyt word. Indien so ‘n aasvis eers kans gehad het om droog te word bemoeilik dit ook die situasie. Probeer tog die volgende en kyk of dit ook sal help, soos ek vroeër ondervind het. Ek het my aas, skubbe en al, in ‘n emmer met water gehad, waar dit moes ontvries. Ek het intussen twee silwervisse gevang en dié ook in die emmer geplaas. My vrees was dat hulle die aas kon pap karring aangesien ‘n silwervis baie lewendig kan wees. Groot was my verbasing en nog dankbaar ook om te vind die silwervis se gespartel het my visaas outomaties ontskub! Miskien werk hierdie storie nie altyd nie, maar ek gaan weer probeer.

Seemeeu

Interessante wereld, hierdie van ons!

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles