Interessante wereld, hierdie van ons!

Interessante wereld, hierdie van ons!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wel, ons kan nie te veel te kla nie. Daar is galjoen en kabeljou gevang en van Gansbaaihawe af ‘n “skipjack” Die groot nuus is natuurlik die baie sardyn wat nou oral om ons is en daarmee gepaardgaande natuurlik die hoop op groter vis. Daar was wel van hierdie vis te bespeur in die hawe maar wou nie die hoek vat nie.
Of die groter vis tog gaan volg is ‘n ope vraag en wat dít gaan bepaal is die weer. Volgens die vooruitvoorspelling van die weer behoort daar nie veel wind te wees nie en gaan dit boonop swaai vanaf suidwes tot suidwes of wes. Dit alleen gaan ‘n groot invloed hê en sal ook die watertemperatuur (hopelik ten beste) verander. Onthou, dit nou alles, verlede week.

Sardynaas behoort nou weer vrylik beskikbaar te wees en sal hopelik ook nie meer so duur wees nie. Soos ek vantevore in hierdie rubriek uitgewys het is die toestand van jou aas baie belangrik. Verkieslik moet jou sardynaas skubloos wees, dis baie makliker om so ‘n aas aan die hoek te kry (ek praat nou natuurlik nie van die groter roofvisse nie, aangesien die manier van aan die hoek sit, verskil). Dan lyk dit ook asof die vis in elk geval ‘n ontskubte aas verkies. Dit is bekend dat sommige visse self  hul aasvis ontskub voordat daar behoorlik vasgebyt word. Indien so ‘n aasvis eers kans gehad het om droog te word bemoeilik dit ook die situasie. Probeer tog die volgende en kyk of dit ook sal help, soos ek vroeër ondervind het. Ek het my aas, skubbe en al, in ‘n emmer met water gehad, waar dit moes ontvries. Ek het intussen twee silwervisse gevang en dié ook in die emmer geplaas. My vrees was dat hulle die aas kon pap karring aangesien ‘n silwervis baie lewendig kan wees. Groot was my verbasing en nog dankbaar ook om te vind die silwervis se gespartel het my visaas outomaties ontskub! Miskien werk hierdie storie nie altyd nie, maar ek gaan weer probeer.

Seemeeu

Interessante wereld, hierdie van ons!

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles