Franskraal Besigheids Toernooi

Die jaarlikse kragmeting en groot pret was weer eens 'n groot sukses. 22 Besighede het mekaar beter leer ken en personeel het bestuur op sosiale vlak ontmoet.

Tellings het elke week gewissel. Uiteindelike wenners moes daar wees:

1ste Omega B,
2de Mafokkies
3de Secma A

Prys aan die span wat die hardste probeer het - Gansbaai Primêr A.

Spangees was eintlik die wenners, soveel so dat ons uitsien na volgende jaar. Hopelik sal daar meer inskrywings wees.

Rolbalgroete
Mattie Neethling