21 Dae en 21 Psalms: Dag 2

21 Dae en 21 Psalms: Dag 2

NG Kerk Gansbaai

21 Dae en 21 Psalms: Dag 2

1. Sit iewers gemaklik, maak jou oë toe en word bewus van jou asemhaling. Asem is die eerste geskenk van God aan jou met jou geboorte.

2. Raak bewus van jou emosies. Moet hulle nie judge nie. Ervaar net wie jy nou in die Here se teenwoordigheid is. Omarm al jou emosies - al hou jy nie van hulle nie - dan haal jy miskien hulle angel uit. Vra God om die energie van die emosies vandag te kanaliseer in iets wat mooi en goed is.

3. Lees Psalm 4 meer as een keer stadig deur.

4. Watter emosies openbaar die skrywer? Kan jy met enige een assosieer?

5. In die direkte vertaling klink een van die frases van vers 2 as volg:

“In die noute het U vir my ruimte gemaak”.

Kyk of jy kan teken of uitbeeld op papier wat hierdie frase in jou verbeelding wakkermaak.

6. Laat vers 8 jou miskien bietjie anders dink oor vreugde?

7. “Do not look for rest in any pleasure, because you were not created for pleasure: You were created for joy. And if you do not know the difference between pleasure and joy you have not begun to live.” (Thomas Merton)

8. Vra God dat deur sy Gees jy ook “vanaand in vrede kan gaan lê”.

[Verse 7-9 in Direkte Vertaling:

“Baie mense sê: ‘Wie sal ons weer die goeie laat beleef?

Laat tog die lig van U teenwoordigheid weer oor ons skyn, Here!

U het vreugde in my hart gegee,

meer as in die tyd wanneer koring en mos volop is.

In vrede kan ek gaan lê en aan die slaap raak,

want net U, Here, laat my veilig woon.”]

21 Dae en 21 Psalms: Dag 2

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles