BARC se 1ste 2013-maande

BARC se 1ste 2013-maande

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gavin Hughes (links) en Phillip Schreck staan trots by die nuwe BARC-hokke, met Jacky, die permanente BARC-hondjie, by hulle

"BARC se eerste 3 maande in 2013 het met goeie nuus gepaard gegaan," vertel Annalie Jonker. Die belangrikste nuus waarna sy verwys is natuurlik die voltooiing van die nuwe hokke op die perseel. Vier pragtige nuwe hokke is aangebou, asook 'n kattehuis (cattery), wat 'n eerste in BARC se geskiedenis is.

BARC se groot trots, 'n volwaardige kattehuis (cattery), met Phillip Schreck (links) en Gavin Hughes

Gansbaai Courant het in 'n vorige berig gemeld dat BARC suksesvol was in hulle "Grand-in-Aid" aansoek by Overstrand Munisipaliteit en die bedrag van R15,000 ontvang het, wat vir die aanbou van nuwe hokke benut is. Die totale koste het R32,200 beloop en BARC kon daarin slaag om die balans van R17,200 uit eie fondse te dek. "Ons bedank graag die publiek vir hul ondersteuning en donasies, waarsonder dit nie moontlik sou gewees het nie," sê Annalie. Deel van die ondersteuning was BARC se onlangse "Blikkieskud-Dag" voor Gansbaai Superspar en Gansbaai OK Foods waar die pragtige bedrag van R2,020 ingesamel is. Annalie vertel ook met dankbaarheid van 'n anonieme weldoener wat 'n groot "Deepfreeze" in goeie werkende toestand vir gebruik by die hokke om vars kos, vleis en bene vir die diere te berg, geskenk het. 

Daar is ook weer drie hondjies (sien foto) wat angstig blaf vir woonhuise, maar daar is ook ander wat ook graag nuwe eienaars sal wil kry. BARC se bedrywige driemanskap is Annalie Jonker (Bestuurder), Phillip Schreck (Veldwagter) en Gavin Hughes (BARC perseel), met hulle skaduwee, Jacky, wat nou al sowat 2 jaar BARC se eie BARC-hondjie is. Terwille van besoekers, BARC staan vir Birkenhead Animal Rescue Centre. "Ons BARC Tweedehandse Winkel is ook 'n groot bron van inkomste en groot dank aan alle ondersteuners vir al die skenkings," vertel Annalie. Ongelukkig wil dit voorkom asof skenkings effens afgeneem het. Annalie sê alles is welkom, ongeag of dit oud of verbleik is.

BARC se groot trots, 'n volwaardige kattehuis (cattery), met Phillip Schreck (links) en Gavin Hughes

Daar is veral 'n groot aanvraag vir ou kombuisware, linne, gordyne, handdoeke, ornamentjies en enige snuisterye. BARC se Tweedehandse Winkel, wat 'n groot bron van inkomste is, is op die hoeke van Hoof- en Korporasiestrate geleë. Hulle besigheidsure is Maandae tot Vrydae vanaf 08:30-17:00 en Saterdae vanaf 08:30-13:00. Finansiële bydraes ten bate van BARC kan direk in die volgende bankrekening inbetaal word (meld net die donateur se naam, of “anoniem” indien so verkies): BARC - Nedbank Gansbaai - Takkode 196 005 - Rekeningnommer 149 810 3006 - Spaarrekening. Vir enige navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 028-384-1740 of 082-826-0631 geskakel word. Vir diere-probleme en/of die aanneem van diere, kan Phillip Schreck (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.                                                  

Hardus Botha

BARC se 1ste 2013-maande

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Have the Power to Change the Pattern

You Have the Power to Change the Pattern

Choose healing. Change beliefs. Transform relationships.

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

See All Articles