Vermiste bolplant toe nie albino

Vermiste bolplant toe nie albino

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Babian asp

Daar was groot onsteltenis toe munisipale amptenare op 10 Maart vas geglo het dat iemand ‘n uiters seldame albino koningskandelaar by die De Kelders ingang opgegrawe en verwyder het. ‘n  Foto wat vroeër daardie week van die wit blom geneem is, is deur die Courant aan die veldplantkenner, Sean Privett, ge-epos. Hy het bevind dat die plant nie ‘n koningskandelaar (Brunsvigia orientalis) is nie maar wel ‘n Babian asp. Dit is, ten spyte daarvan dat dit nie ‘n seldsame spesie is nie, verkeerd om veldbolplante wat nie oorvloedig voorkom nie te verwyder. Die rooi kandelaarsblom, wat vir die eerste keer in 1750 opgeteken is, word ook die rolbossie en perdespookbossie genoem.

Rooi kandelaarsblom

Rolbossie verwys na die feit dat die droë blom verhard en al rollend in die wind sy saad versprei. Die naam perdespookbossie het moontlik sy oorsprong daarin dat perde vir die rollende blom geskrik het. Die rooi kandelare staan tans geil op die brandpad tussen die R43 en De Kelders. Hulle het oor die afgelope paar jaar baie vermeerder en dit kan dalk daaraan toegeskryf word dat hulle floreer na ‘n brand óf as die veld gesny is en hulle nie ander plante het om teen te kompeteer nie.                                            

Francois de Jongh

Vermiste bolplant toe nie albino

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles