Op soek na Wie maak vir Gansbaai Lekker

Op soek na  Wie maak vir Gansbaai Lekker

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr: Pieter van der Merwe, Aletta Groenewald en Chris Meyer

"Ek en Aletta Groenewald het gesels oor die vele musiektalente in Gansbaai en omgewing en besluit dat iets daaraan gedoen moet word," vertel Pieter van der Merwe. "Ons gedagtes het in die rigting van 'n Instrumentele Musiekvereniging begin beweeg en dit was nie lank daarna nie, of ons het vir Chris Meyer by ons gewonder betrek." Die stigting van so 'n vereniging op hierdie stadium is egter nie 'n prioriteit by dié drie musikante nie.

"Die gedagte is eerstens om so veel as moontlik mense van Gansbaai en omgewing wat musiekinstrumente kan bespeel, bymekaar te kry om sodoende die belangstelling vir ons idee te toets," vertel Pieter van die Akademie vir Kontemporêre, Jazz & Gospel Musiek van Suid-Afrika (ALMSA).

Aletta is weer bekend vir haar klavierspel tydens die NGK se Baardskeerdersbos Eredienste, terwyl Chris 'n lid van Manie Groenewald se Boereorkes is, asook 'n lid van die Boeremusiekgilde. Hierdie drie musikante versoek alle spelers van musiekintrumente om hulle so gou moontlik te kontak. "Enige musiekinstrumentspeler, hetsy klassieke-, ligte- of boeremusiek, is welkom om ons te kontak," sê Pieter. "Ons verwys ook nie net na professionele musikante nie - inteendeel - daarom is almal wat 'n musiekinstrument kan bespeel, welkom om ons te kontak." Engelssprekendes is vanselfsprekend welkom - musiekinstrumente ken net één taal!

Belangstellendes kan gerus van die volgende kontakbesonderhede gebruik maak: Pieter van der Merwe by 072-390-8084 of almsa@mweb.co.za; Aletta Groenewald by 082-499-0230 of aletta.groenewald@vodamail.co.za; Chris Meyer by 082-499-3086 of gretels@cybersmart.co.za. "Sodra dit blyk dat daar genoegsame belangstelling is, sal ons 'n vergaderdatum bekend maak. Die verloop van daardie byeenkoms sal bepaal of daar voldoende belangstelling vir die stigting van 'n Instrumentele Musiek Vereniging is," sê Pieter.

Hardus Botha

Op soek na  Wie maak vir Gansbaai Lekker

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles