Lydenstyd: Woestyn
Ons almal ervaar seker hoe stil die strate is. Daar is ‘n vreemde stilte in die lug. Ons het ‘n ongemak met stilte so ons vul dit met geluide. Die televisie of die radio is heeltyd aan. Ons bel mense om stemme te hoor. Ons doen dit met reg omdat ons as verhoudingsmense geskape is, mense wat wil weet daar is ander mense. Die ding met stilte is dat dit ons met onsself laat en ons eie worries, vrese, onafgehandelde goed en veral my tydelikheid. Miskien kan jy vir een oggend of dag net hierdie woestyn inloop met die wete dat God veral in die stilte is. Belden Lane skryf: “The desert as metaphor is that unchartered terrain beyond the edges of the seemingly secure and structured world in which we take such confidence, a world of affluence and order we cannot imagine ever ending. Yet it does. And at the point where the world begins to crack, where brokenness and disorientation suddenly overtakes us, there we step into the wide, silent plains of a desert we had never known existed.” Daar waar die struktuur en orde skielik nie meer is nie, daar wag God vir ons. In die aangrypende boek “Gilead”, geskryf deur Marilynne Robinson, kom die hoofkarakter tot die insig: “Even that wilderness, the very habitation, is the Lord’s. I need to bear this in mind.” Dit wat ons omvergooi leer ons om anders te kyk en te luister.