21 Dae 21 Psalms: Dag 8

21 Dae 21 Psalms: Dag 8

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 8

1. Vers 1 het die volgende vertalings: “Tot U Here rig ek my op” “Na U Here hunker ek”; “Tot U Here hef ek my siel op”, “To you O Lord I lift up my soul”. Hierdie woorde laat my altyd dink aan ‘n kind wat op sy/haar tone staan, hande in die lug uitgestrek om opgetel te word. Word stil en staan vanoggend op jou tone met jou hand opgestrek na bo met die woorde: Na U Here rig ek my hele menswees.

2. Kyk rond daar waar jy nou is. Kyk of jy vyf kleure kan raaksien wat eweskielik vir jou uitstaan. Bewonder dit en dank God vir daardie kleure.

3. Lees Psalm 25 meer as een keer stadig deur. Let op watter woorde of frases wat vir jou uitstaan. Skryf hulle neer.

4. Die Psalm is ‘n akrostiese Psalm. Dit beteken in Hebreeus begin elke vers met die opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet. Daar is 22 letters in die alfabet. As jy in die Ou Vertaling kyk sal jy woorde soos: alef, bet, gimel, dalet ens. voor elke versreël kry. Wat van ‘n kreatiewe uitdaging! Skryf jou eie Psalm/gedig waar jy elke reël begin met opeenvolgende letter van die alfabet: a, b, c ens. Kyk hoe ver jy kom. Kies ‘n tema. Psalm 25 byvoorbeeld fokus baie op: pad, weg, leer ens.

5. Met die hulp van vers 1-10 kan mens ‘n maklike daaglikse gebed formuleer:

A Hier is ek Here

B Moet my asb nie “drop”, vergeet nie

C Dankie dat U elke dag met my nuut begin

D Wys my asb die pad wat ek moet loop

6. Bid vers 21 voor jy gaan slaap vanaand.

[Direkte Vertaling:

Vers 9-10b. Mag Hy verdruktes lei in wat reg is;

Mag Hy hulle sy pad leer.

Al die paaie van die Here is paaie van troue liefde en waarheid

Vers 17: Die benoudheid van my hart is oorweldigend

Lei my uit my kwellinge.

21 Dae 21 Psalms: Dag 8

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles