Blog

Lydenstyd: Oran se absurditeit en Eyam se naaste liefde

Lydenstyd: Oran se absurditeit en Eyam se naaste liefde

NG Kerk Gansbaai

Lydenstyd: Oran se absurditeit en Eyam se naaste liefde

2 Konings 7:1-20 (7-9) en Johannes 15:12-14

Albert Camu vertel in sy roman, The plague, hoe die Algerynse stad Oran deur ‘n dodelike plaag getref is. In Oran leef mense elke dag volgens hulle daaglikse roetines en gewoontes. Elke dag is die herhaling van die gewone, en die bekende. Skielik begin die stad se rotte dood op straat en sypaadjies lê. Kort hierna begin inwoners sterf aan ‘n dodelike plaag wat deur die stad trek. Die plaag kom verander mense se gewoontes en elke dag se roetines. Hy skryf” Thus the first thing that the plague brought to our town was exile”. ‘n Mens sou kon wonder of die plaag mense se lewens onherroepilk kom verander het? Sou hulle ooit weer dieselfde dink oor die lewe en die toekoms. Camu lê in sy roman baie klem op die herhaling van alles in hierdie lewe. Oorloë, siektes, plae, sterftes sal altyd weer wees. Ons is vasgevang in die absurditeit van alles wat homself oor en oor herhaal: "the same thing over and over and over again”, skryf hy. Mense sal na afloop van die plaag maar weer in dieselfde gewoontes en denke verval.

Ongeveer ‘n honderd kilometer noord van Londen lê die klein dorpie Eyam. In die dorpie speel min of meer dieselfde gebeure af as in Oran. In 1665, die tyd van die swart dood, ontvang die kleremaker George Viccars ‘n besending materiaal uit Londen. Maar in daardie materiaal was die gevreesde Yersinia pestis, die pesbakterie. Kort na hy die materiaal ontvang het, het hy en vele ander begin sterf. Die pes het na Eyam versprei. Die plaaslike predikant, William Mompesson, het die dorp  se 400 mense bymekaar geroep. Tydens hierdie vergadering is besluit  dat die dorp se inwoners hulleself onder kwarantyn sal plaas. Groot wit klippe is op die grense van die dorp geplaas. Niemand sou buite daardie grende gaan en niemand sou van buite binne die dorp se grense toegelaat word nie. Buurdorpies kon voedsel of enigiets anders by die dorpsfontein neersit. Tussen September 1665 en November 1666,toe die pes oor was, is 260 mense van Eyam dood,waaronder ds. Mompesson se vrou. Maar die pes het nie verder as Eyam versprei nie.

Die gebeure in Eyam herinner ons aan die verhaal van die melaatses in 2 Konings 7. Assiriese leër het ‘n laer om Samaria getrek en die stad se mense uitgehonger. Onverklaarbaar trek die Assiriese leër een nag weg. Vier melaatses, wat buite die stad moes leef, kom op die leë laer af. Skielik is daar vir hulle genoeg kos. Hulle hoef nie meer bedelaars te wees nie. Dan sê hulle vir mekaar: "Ons maak nie reg nie. Vandag is ‘n dag van blydskap en ons bly stil!.. kom ons gaan vertel dit by die paleis van die koning”. Soos in die geval van Eyam, het hulle onselfsugtige daad vele van ‘n gewisse dood gered.

In Johannes 15:1 sê Jesus dat Hy die ware wingerdstok is, ons is die lote. Wie in Christus is, dra die vrug van die liefde. Jesus sê dan ook in vers 13 “Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê”. Om jouself te offer ter wille van ander mense, is liefde. In Eyam sien ons hierdie opofferende Christus liefde afspeel in die vorm van selfkwarantyn.

Is die lewe bloot die herhaling van dieselfde? Gaan ons na Covid 19 in dieselfde gedrags-, leef- en denkpatrone verval? Of glo ons om aan die wingerstok vasgegroei te wees,al is dit nie maklik nie, verander ons, die geskiedenis en die toekoms? Amen

Gebed

Here, ons word maklik in die lewe se doodgewone roetines en gewoontes vasgevang.

Die ontwrigting van ons gevestigde lewe, bring onsekerheid en blindheid vir nuwe moontlikhede van lewe.

Leer ons Heer, om in tye van benoudheid, met U liefde te waag waar ons moed ons begewe.

Help ons Heer om lief te hê sonder vrees.

Lei ons Heer om, uit liefde, grense op te rig waarbinne en waar buite ons naaste veilig voel.

Beskerm ons, O Heer, teen die benoudheid van ons liefdeloosheid.

Amen  

Lydenstyd: Oran se absurditeit en Eyam se naaste liefde

Ds. Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

21.90Ha Farm For Sale in Franskraal: R15,000,000

Coastal lifestyle farming at its best.  

Fostering Change, One Animal at a Time

Fostering Change, One Animal at a Time

An incredible 133 animals have already received vital sterilisations and veterinary care.

Fostering Animals
Boland Female Rugby Trials

Boland Female Rugby Trials

The Under 16 and Under 18 Boland Female Rugby Trials were held at the Spaces4Sports field yesterday.

Grootbos Foundation
The Cost of Losing Yourself to Fit In

The Cost of Losing Yourself to Fit In

There is a quiet erosion that happens when you try to fit into the world of a narcissist.  

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 14 April 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

An early departure to get ahead of the wind picking up during the afternoon, with low swell for the morning. 

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

Gans-Berg News | 17 April 2026 Edition Out Now!

This week’s edition brings a mix of important community updates, inspiring local stories, and environmental insights!

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles