Blog

Lydenstyd: God se heiligheid is die bron van hoop

Lydenstyd: God se heiligheid is die bron van hoop

NG Kerk Gansbaai

God se Heiligeid is die bron van hoop

Esegiël  36: 22-32

Israel het toenemend begin dink hulle besit God. Jahwe is die God wat met liefde aan hulle gebind is. Hulle is God se gunstelingvolk onder al die nasies. God sal hulle nooit kan prysgee nie.  Brueggemann praat van Israel se narsistiese lewenshouding.

Israel  het, met hierdie Godsverstaan, begin lewe asof hulle weet wat God se wil is. Israel se wil is ook God se wil. God is aan die kant van Israel. Met God aan jou kant sal jy altyd suksevol wees en voorspoed  beleef. Bid en God sal jou behoeftes en wense vervul.  

In die eerste 24 hoofstukke beskryf Esegiël die tragiese gevolge van Israel se afgodiese denke aangaande Jahwe. Hulle het God se heiligheid oneer aangedoen, onder hulle voete vertrap. Gevolglik  eindig Israel in ballingskap. Hulle bereik die nulpunt van hulle bestaan. Hulle is soos droë bene sonder lewensasem en hoop.

Waar sal Israel se hulp vandaan kom? Wie sal Israel uit ballingskap bevry?

In Eseg 36:24-26 sê God: "Ek sal julle tussen die nasies uit wegvat… Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi… Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee… Ek sal My Gees in julle gee…”. God sal Israel tot hulp kom. Hy sal weer Sy lewensasem in hulle blaas. God sal Israel bevry, maar nie ter wille van Israel nie, nie omdat Israel so spesiaal is nie, nie oor God se liefde vir Israel nie, nie omdat God aan Sy volk verbind is nie, maar alleen ter wille van God se Heiligheid:” Dit is nie ter wille van julle dat Ek optree nie, Israel, maar ter wille van My heilige Naam wat deur julle oneer aangedoen is onder die nasies waar julle gekom het.” (Eseg 36;22)

Israel, soos ons, kan nie God se bevrydende genade afdwing nie. “It  is only mercy when it is given freely and when it is receive as freely given” (Brueggemann). Hoop op ‘n nuwe toekoms word gebore uit God se Heiligheid. God die Seun sterf aan die kruis ter wille van die Heilige naam van God die Vader wat ons seën met Sy Gees van lewe. Amen

Word stil by 1 Petrus 1:13-16.

Fokus op die woorde; ”Wees heilig, want ek is heilig”.

Lydenstyd: God se heiligheid is die bron van hoop

Ds. Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles