21 Dae 21 Psalms: Dag 20

21 Dae 21 Psalms: Dag 20

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 20

DAG 20: PSALM 131

1. Raak rustig, haal diep asem. Word stadig bewus van elke deel van jou liggaam.

2. Skep vandag jou eie mandala. Sirkels help ons om ons gedagtes te integreer, bymekaar te bring. Teken ‘n sirkel op papier (mbv passer, bord etc). Verdeel die sirkel in ewegroot “pizzaslices”, vier of agt, maak nie saak nie. Maak nog kleiner sirkels binne die groter sirkels amper soos die ringe van ‘n boomstomp. Begin teken/skep. Die belangrikste is dat die patroon presies herhaal moet word binne elke sny. Soek gerus op internet vir voorbeelde.

3. Lees Psalm 131 drie maal deur:

[Direkte Vertaling:

Here my hart is nie hoogmoedig en my oë verwaand nie.

Ek hou my nie besig met groot dade of wonderwerke bo my vermoë nie.

Nee, ek het my gemoed tot kalmte en bedaring gebring.

Soos ‘n kindjie (of gespeende) by sy ma,

soos ‘n kindjie, is my gemoed in my

Israel, vestig jou hoop op die Here,

van nou af en vir altyd.

NRSV

O Lord my heart is not lifted up,

my eyes are not raised too high…

But I have calmed and quieted my soul,

like a weaned child with its mother;

my soul is like a weaned child that is with me].

4. Watter emosies maak hierdie Psalm in jou wakker?

5. Dink bietjie oor jou Godsbeeld. Ons gebruik mos maar metafore vir God omdat ons naastenby wil probeer verwoord wie God is met taal wat ons ken. Hy is mos altyd meer. Die Bybel leer Hy is pottebakker, vader, koning, moederhen, herder en baie meer. Wat maak dit in jou menswees wakker as jy God as “ma” sien, watter assosiasies het jy. Skryf hulle neer.

6. Roep die gevoel op om met ‘n slapende kind in jou arms te sit, ‘n kind/baba wat heeltemal ontspan het en ten volle vertrou. Verbeel jou jy is die kind/ Verbeel jou jy is die ma.

7. Mag God ons onderskeiding gee om altyd vrae te vra maar nooit te “slim” te word en te dink ons het ook al die antwoorde nie.

21 Dae 21 Psalms: Dag 20

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

Gans-Berg Nuus / News - 10 July 2026

The latest Gans-Berg Nuus / News is here!

Gans-Berg Nuus / News
Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Support BARC Every Time You Shop at Woolworths

Since 30 June 2026, the MySchool and WRewards programmes have merged to create Woolworths MyDifference.

BARC Animal Welfare
The Moment Anger Begins to Lose Its Power

The Moment Anger Begins to Lose Its Power

There comes a moment in every healing journey when we realise that waiting for other people to change is keeping us trapped.

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 8 - 12 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
A Poem Comes Home

A Poem Comes Home

This week, Siphokazi Jonas, author and poet who wrote a beautiful fynbos poem for the Grootbos Foundation last year...

Grootbos Foundation
FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

FlexCare Pets Available at The Pet Grocer, Gansbaai

We're excited to announce that FlexCare Pets is now available at The Pet Grocer in Gansbaai!

The Pet Grocer
See All Articles